Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL kry dalk hulp van Ontwikkelingsbank
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens is reeds van Donderdag 5 Desember in sakeredding. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kan dalk eersdaags noodsaaklike finansiering van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika ontvang om sy algehele ineenstorting te keer.

Dit is volgens minstens twee bronne met kennis van die saak.

Daar is wel nog nie ooreengekom oor hoeveel die SAL, wat tans onder sakeredding is, benodig om weer ten volle operasioneel te word nie.

Die lugdiens het vandeesweek reeds sommige van sy vlugte gekanselleer nadat die regering nie betyds ’n reddingsboei van R2 miljard aan hom betaal het nie.

Woordvoerders van die lugdiens kon nie onmiddellik kommentaar lewer nie en het aangedui dat hulle moontlik later sal reageer.

Reisagente het verlede week begin om die SAL die rug toe te keer en het besluit om nie meer SAL-vliegkaartjies te verkoop nie.

Dit is omdat agentskappe soos Flight Centre se verskaffer van reisversekering nie meer bereid is om die SAL te dek onder sy insolvensievoordeel aan reisigers wat die versekering uitneem nie. - Bloomberg, bygewerk

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Lugdiens  |  Staatsonderneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.