SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: KVBA beslis in vakbonde se guns

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sal nou met álle vakbonde wat sy werknemers verteenwoordig, moet raadpleeg tydens die plan om 944 mense af te lê.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie het Dinsdag beslis dat die SAL met kleiner vakbonde moet konsulteer oor sy herstrukturering.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het Dinsdag beslis dat die SAL ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge nie selektief kan versuim om vakbonde oor sy herstrukturering te konsulteer nie.

Die oorwinning vir vakbonde raak spesifiek ’n koalisie van Satawu (South African Transport and Allied Workers Union), Ausa (Aviation Union of South Africa) en Solidariteit wat saam die aansoek gebring het.

Die SAL het volgens Satawu nie met die aankondiging van die beplande afleggings enigsins vakbonde betrek of gekonsulteer soos art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis nie.

Toe daar hieroor gal gebraak is, het die lugdiens net sekere vakbonde betrek.

Solidariteit, Satawu en Ausa is toe uitgelaat uit die proses.

Solidariteit het verlede week bevestig dat sy lede wat by die SAL werk, nie deelneem aan die verwoestende staking wat tans deur die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) gevoer word nie.

Satawu en sy twee koalisielede het Woensdag in ’n verklaring gesê dat hulle aanvanklik met regstappe wou begin om die SAL te dwing om hulle te raadpleeg oor die afleggings, maar het toe op regsadvies eerder die KVBA genader.

“Ons was verheug toe die KVBA met absolute duidelikheid beslis het dat ons by die konsultasieproses ingesluit moes word,” sê Satawu.

Die KVBA het ook beslis dat daar selfs met werkers gekonsulteer moet word wat nié aan ’n vakbond behoort nie.

Dié verpligte vergaderings sal nou vanaf 25 Desember plaasvind, sê Satawu.

Intussen duur Numsa en Sacca se staking nou al sedert verlede Vrydag voort en kos dit die tegnies bankrot lugdiens na bewering sowat R50 miljoen per dag.

Nadat onderhandelinge Dinsdagaand misluk het, het Numsa Woensdag beloof om sy en Sacca se plan te versnel om die ganse lugvaartbedryf lam te lê.

Satawu, Ausa en Solidariteit het egter Woensdag gesê dié vakbonde moet ophou om die veiligheid van SAL-vlugte wat stuk-stuk hervat word midde-in die staking as “onveilig” te verklaar.

Volgens die koalisie is sulke bewerings “onregverdigbaar” en kan dit net nog olie op die vuur gooi, wat die SAL se reputasie kniehalter, en dus Suid-Afrika s’n ook.

Meer oor:  Kvba  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Satawu  |  Ausa  |  Staatsondernemings  |  Lugdienste  |  Solidariteit  |  Vakbonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.