Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-lening: Obsa verwag jý gaan betaal

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) verwag nie dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) sy lening aan hom sal kan terugbetaal nie.

Een van die SAL se vliegtuie besig om op te styg. Foto: Reuters

Obsa neem aan dat die belastingbetalers sal moet opdok vir die jongste reddingsboei wat die beleërde lugdiens ontvang het.

Zodwa Mbele, Obsa se groephoof van transaksies, het Donderdag in ’n onderhoud op 702 se The Money Showgesê: “Ons leen nie (dié geld) in die hoop dat die SAL dit sal terugbetaal nie. Die terugbetaling sal van die regering af kom.”

Tegnies is die SAL veronderstel om soos met enige ander lening die R3,5 miljard wat Obsa aan hom belowe het, self af betaal te word. Daar is wel ’n staatswaarborg op die lening indien die SAL nie die vermoë het om sy krediteur terug te betaal nie.

Maar volgens Mbele is daar nie eens ’n verwagting by Obsa dat die SAL die lening sal kan terugbetaal nie.

Die SAL is op 5 Desember verlede jaar in sakeredding geplaas. ’n Lening van R2 miljard van banke, gewaarborg deur die staat, en ’n reddingsboei van nog R2 miljard regstreeks van die staat is toe belowe.

Die Obsa-lening het nou in die plek van die staat se reddingsboei bekom. Maar in die lig van Mbele se uitlating is die R3,5 miljard-“lening” moeilik om van ’n reddingsboei van die staat te onderskei.

Die SAL het Donderdag gesê hy kanselleer 27 vlugte in Februarie omdat die vraag na dié vlugte te laag was.

Die finale sakereddingsplan van die SAL word aan die einde van Februarie verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.