Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL los BnP Capital
BnP Capital is die kontrak met die Suid-Afrikaanse Lugdiens kwyt.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het onder druk geswig en sy kontrak met BnP Capital as finansiëlediensteverskaffer geskrap.

Tlali Tlali, mediahoof van die SAL, het nogtans ’n verklaring uitgestuur waarin die oorspronklike aanstelling van die relatief onbekende klein finansier verdedig word.

Volgens die SAL was BnP Capital een van vyf maatskappye wat getender en voldoen het aan al die vereistes wat die SAL gestel het vir die kontrak. Dit sluit in dat die maatskappy ’n geldige lisensie van die Raad op Finansiële Dienste (RFD) het.

BnP Capital het die hoogste punte vir prys en bemagtiging behaal en is daarom op 20 Maart aangestel.

Teen Julie het die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) egter beswaar aangeteken en beweer BnP Capital het in werklikheid nie ’n geldige RFD-lisensie nie. Die SAL het toe BnP Capital genader en op grond van al die inligting ontvang is besluit om al BnP Capital se dienste te beëindig.

Outa het die SAL-besluit as ’n oorwinning vir Suid-Afrika bestempel. 

Meer oor:  Bnp Capital  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Lugdienste  |  Tenderbedrog  |  Outa  |  Tenders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.