Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-nuus: Mango se toekoms nog onseker

Die toekoms van die filiale van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) – Mango, SAL Tegnies en AirChefs – bly onseker.

’n Vliegtuig van die Mango-lugdiens. Foto: Verskaf

Dit kom selfs nadat aangekondig is dat ’n strategiese ekwiteitsvennoot vir die SAL aangewys is. ’n Konsortium, Takatso, bekom die meerderheidsbelang in die SAL in ruil vir ’n kontantinspuiting van R3 miljard in die “nuwe” lugdiens wat uit die sakereddingsproses geskep word.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Vrydagoggend op die nuuskonferensie oor die aankondiging in antwoord op ’n vraag oor die filiale bloot gesê die nuwe SAL sal moet kyk na die “lewensvatbaarheid” van die filiale voordat ’n besluit geneem kan word.

Die voortbestaan van veral Mango as laekostelugdiens blyk onseker te wees.

Takatso bestaan uit die private ekwiteitsfirma Harith asook Global Aviation, wat ook die lugdiens Lift besit. Lift is ’n mededinger van Mango.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.