Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: ‘Ons maak plan met vlugte’
Een van die SAL se vliegtuie op die aanloopbaan in Kaapstad. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan sy vlugrooster aanpas.

Dit volg nadat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, Donderdagoggend vroeg aangekondig het dat die lugdiens reeds van 5 Desember in sakeredding is.

Die SAL sê Donderdagoggend in ’n verklaring hy “sal poog om ’n nuwe voorlopige rooster in werking te stel en sal binnekort besonderhede publiseer”.

Hy gee geen verdere besonderhede nie, net dat hy soos en wanneer moontlik met belanghebbendes sal kommunikeer.

Die SAL wys wel daarop dat die sakereddingsproses geen invloed op sy vennoot Mango se vlugrooster sal hê nie.

Die lugdiens moes onlangs behoorlik rondspring om passasiers te akkommodeer toe ’n groot deel van sy werksmag besluit het om weens ’n loongeskil te staak.

Meer oor:  Mango  |  Sal  |  Suid-Afriikaanse Lugdiens  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.