Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-personeel betoog oor Jarana; vlugte nie geraak

 Kajuitpersoneel wat vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) werk, gaan vandag na die lugdiens se hoofkantoor opmars. Hulle staak egter nie.

Vliegtuie van die Suid-Afrikaanse Lugdiens staan op ’n aanloopbaan. Foto: Bloomberg

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) het luidens Times Live oor die naweek gewaarsku dat sy lede Dinsdag by al die groot lughawens gaan betoog. Die vakbond Numsa sê sy lede gaan ook betoog.

Tlali Tlali, woordvoerder van die SAL het aan Netwerk24 bevestig dat lede van dié twee vakbonde om 11:00 na sy hoofkantoor en die kantore van sy tegniese afdeling aan stap. Hulle gaan 'n memorandum oorhandig waarin hulle hul griewe uiteensit.

Hulle is ongelukkig oor onder meer Vuyani Jarana se aankondiging net meer as ’n week gelede dat hy gaan bedank.

Hulle kla ook verder oor korrupsie en probleme by die afdeling vir instandhouding.

Tlali sê die opmars begin om 11:00 en sal na verwagting teen 13:00 afgehandel word.

“Kajuitpersoneel staak nié,” het Tlali etlike kere herhaal.

“Ons verwag geen invloed op ons vlugte vandag weens die beplande opmars nie. Ons het egter steeds planne in plek dat sou daar enigiets onverwags gebeur, ons kan verseker dat vlugte nie geraak word nie,” het hy verseker.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Vuyani Jarana  |  Vlugte  |  Lugdienste  |  Sacca  |  Numsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.