Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-sakeredders kry wéér uitstel
Selfs die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingsplan word nou lamgelê deur die Covid-19-uitbreking. Foto: Getty Images

Die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het opnuut uitstel vir die publisering van hul sakereddingsplan ontvang.

In ’n verklaring Donderdag sê Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakeredders, dat hulle nou eers op 29 Mei die plan hoef te publiseer.

Dis die tweede uitstel wat die sakeredders ontvang het.

Die plan moes oorspronklik op 19 Februarie gereed wees. Die sakeredders het tóé uitstel tot 31 Maart gekry omdat hulle glo nog besig was met die finalisering van die herstruktureringsplan en die stappe wat nodig gaan wees om dit uit te voer.

Die jongste uitstel is op 22 Maart aangevra.

Die sakeredders sê die Covid-19-uitbreking en die daaropvolgende maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa op 15 Maart en sedertdien aangekondig het, het ’n regstreekse impak op die lugdiens en dus ook op die reddingsplan.

Toe die sakeredders hul tweede uitstel-aansoek ingedien het, was die reisverbod nog net van toepassing op internasionale en streeksvlugte.

Sedertdien het Fikile Mbalula, minister van vervoer, ’n totale reisverbod aangekondig in pas met die staat van inperking wat Donderdagnag in werking tree.

Geen vlugte sal tot die einde van die staat van inperking, op 16 April, plaasvind nie.

Die sakeredders sê Donderdag dat die vereiste meerderheid van die SAL se krediteure ingestem het tot die uitstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.