Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL se sakeredders lig vakbonde in oor poste

Die sakeredders van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), vergader Donderdagmiddag met vakbonde, maar daar gaan geen onderhandelinge wees nie.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakeredders vergader Donderdag om 14:00 met sewe vakbonde oor afleggings.

So sê Louise Brugman, skakelbeampte van die sakeredders, Matuson & Associates, Donderdag aan Netwerk24 en sê die insette van vakbonde sal nie ’n invloed hê op dit wat by die SAL moet gebeur nie.

“Die lugdiens moet geherstruktureer word sodat hy dit kan maak tot die einde van Februarie,” sê Brugman.

Die sakeredders vergader Donderdagmiddag om 14:00 met alle betrokke vakbonde by die SAL om onder meer te praat oor afleggings wat hulle reken nodig is om die sukkelende lugdiens se salarisrekening te verminder.

“Dit is ’n vergadering om vakbonde in te lig, nie om met hulle te onderhandel nie.

“Die praatjies gaan nie verander oor dit wat by die lugdiens moet gebeur nie.”

Phakamile Hlubi-Majola, nasionale woordvoerder van die metaalwerkersvakbond Numsa, sê Donderdag aan Netwerk24 dat die sakeredders se plan “fundamenteel onaanvaarbaar” is.

“Hoe het hulle ’n plan vir afleggings, maar nog geen sakeplan nie?”

Numsa reken die sakeredders beplan versnelde én vergrote afleggings wat boonop buite die gewone art. 189-proses gaan geskied.

Brugman wou nie Donderdagoggend bevestig of dit werklik die plan is wat Matuson wil volg met die afleggings nie.

Hlubi-Majola verduidelik dat die enigste manier waarop sakeredders ’n versnelde afleggingsproses van stapel kan stuur, is wel om dit buite die perke van die artikel 189-proses van die Wet op Arbeidsverhoudinge te doen.

“Hul plan was nog altyd om die salarisrekening te verklein en nie om die korrupsie wat werklik die SAL leegtap, uit te roei nie,” sê sy.

Numsa het in November op ’n weeklange staking saam met die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) gegaan.

Numsa sê hy oorweeg dit nog nie om weer te staak noudat afleggings weer op die tafel is nie, maar dit berus grootliks op die vakbond se veronderstelling dat onderhandelinge met die sakeredders sal vorder.

Matuson blyk wel nie dieselfde soort vergadering te beplan vir Donderdagmiddag as wat Numsa verwag nie.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Numsa  |  Lugdienste  |  Stakings  |  Vakbonde  |  Staatsondernemings  |  Sakeredding  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.