Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-sakeredders vra weens korona wéér uitstel vir plan
Die SAL het alle internasionale en meeste streekvlugte weens Covid-19 opgeskort. Foto: Bloomberg

Die sakeredders wat by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aangestel is, sê hulle sal weens die Covid-19-uitbreking nie meer teen 31 Maart ’n sakereddingsplan vir die lugdiens kan publiseer nie.

Hulle het nou aansoek by krediteure gedoen om die spertyd vir die publiseer van die plan tot 29 Mei uit te stel.

Dit is die tweede keer dat die sakeredders om uitstel vra.

Die plan moes oorspronklik op 19 Februarie gereed wees. Die sakeredders het tóé uitstel tot 31 Maart gekry omdat hulle nog besig was om die herstruktureringsplan en die stappe wat nodig gaan wees om dit uit te voer, te finaliseer.

LEES OOK: SAL: Sakeredders kry uitstel vir plan tot 31 Maart

Les Matuson en Siviwe Dongwana, sakeredders van die SAL, sê in die nuutste aansoek wat op Matuson & Associates se webtuiste geplaas is, die maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa op 15 Maart en sedertdien aangekondig het, het ’n direkte invloed op die lugdiens en dus ’n groot invloed op die finalisering van die reddingsplan.

Hulle noem onder meer die reisverbod na verskeie lande waarvolgens die SAL die afgelope week alle internasionale vlugte en vlugte na die res van Afrika moes opskort.

Die SAL vlieg tans net tussen Kaapstad en Johannesburg.

LEES OOK: SAL stop internasionale vlugte

“Tot op hede het Covid-19 wêreldwyd ’n nadelige uitwerking op die lugvaartbedryf gehad, wat gelei het tot die kansellasie van vlugte, die hok van vliegtuie, die sluit van lughawens en die aflegging van werknemers.

“Hierdie nadelige uitwerking het die SAL se besigheid reeds beïnvloed, terwyl vooruitbesprekings vir internasionale en streekroetes in die week wat op 13 Maart 2020 geëindig het in duie gestort het in vergelyking met dieselfde week in die vorige jaar.

“Die implikasies van die ineenstorting van besprekings, en nou die nodige reaksie van die president op Covid-19, lei tot ’n droewige vooruitsig wat betref inkomste,” lui die verklaring.

Die sakeredders sê verder die verbod op byeenkomste van meer as 100 mense op ’n slag gaan dit onmoontlik maak om aan die vereistes te voldoen van onder meer art. 151 van die Maatskappyewet en art. 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

Luidens dié wette moet hy vergaderings met belanghebbendes hou. Die sakeredders sê dié vergaderings sal sonder twyfel deur meer as 100 mense bygewoon word.

Die sakeredders het krediteure gevra om hom teen Woensdag 25 Maart in te lig of die aansoek aanvaar word of nie.

Meer oor:  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Covid-19  |  Lugdiens  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.