Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL se Dudu Myeni verlof tot appèl geweier

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), is verlof tot appèl geweier teen die uitspraak wat haar tot misdadige direkteur verklaar het.

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL se direksie.

Regter Ronel Tolmay van die hooggeregshof in Pretoria het haar in Mei tot misdadige direkteur verklaar ná ’n hofaansoek wat deur die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die SAL se vlieëniersvereniging (Saapa) ingedien is.

Myeni het in haar aansoek om verlof tot appèl aangevoer nuwe getuienis het aan die lig gekom. Dis met verwysing na die getuienis van nog ’n voormalige SAL-direkteur, Yakhe Kwinana, voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Myeni se regspan het aangevoer Kwinana en Outa het agteraf gekonkel en dat Kwinana eintlik self daarsonder by die saak teen Myeni gevoeg sou word. Outa, wat Kwinana as ’n onbetroubare getuie bestempel, ontken dit.

Tolmay sê in haar uitspraak daar is geen regspraak op grond waarvan sy weens nuwe getuienis verlof tot appèl kan toestaan nie. Daarby meen sy Kwinana se getuienis sou kwalik iets verander het aan die vraag of Myeni self ’n misdadige direkteur was.

Tolmay het ook bevind daar is geen redelike kans dat ’n ander hof tot ’n ander gevolgtrekking sal kom nie.

Myeni se regspan, onder leiding van adv. Dali Mpofu, het skerp kritiek op Tolmay uitgespreek omdat sy sekere dele van Outa se betooghoofde in haar uitspraak herhaal het, wat volgens hom die “voorkoms van vooroordeel” skep. Tolmay sê om kopie te herhaal, is gedoen bloot om tyd te spaar en beteken hoegenaamd nie dat sy nie elke regsargument deeglik oorweeg het nie.

Ingevolge die uitspraak mag Myeni nie meer ’n maatskappydirekteur wees nie. Sy verdien tans sowat R270 000 per jaar as direkteur van Centlec, wat ook ’n staatsonderneming is.

“Myeni voer aan in die lig daarvan dat die hof geen bevinding gemaak het dat sy geld gesteel het nie, hou die feit dat sy steeds ’n maatskappydirekteur is geen gevaar vir die publiek in nie. ’n Mens hoef net die skade wat aan die SAL gedoen is te oorweeg om die drogrede daarvan in te sien.”

Tolmay sê as direkteure nie aan hul fidusiêre pligte voldoen nie, hou dit ’n bedreiging vir maatskappye in en, in die geval van staatsondernemings, vir die publiek. Tolmay het Myeni as “roekeloos” en “oneerlik” beskryf.

Mpofu het reeds voorheen aangedui dat hy tot ’n hoër hof sal appelleer indien die verlof tot appèl geweier word. Tolmay het dus aangedui dat die Mei-uitspraak nie uitgevoer kan word voordat alle appèlprosesse klaar is nie.

Dis hoekom saak teen Myeni ingedien is

Die ses kernbewerings wat Outa en Saapa teen Myeni gemaak het, is:

  • Die besluit van die SAL-direksie onder voorsitterskap van Myeni om BnP Capital in April 2016 as transaksieraadgewer aan te stel, was onwettig.
  • Die direksie se besluit om in Mei 2016 dié ooreenkoms uit te brei deur BnP te kontrakteer om finansiering van R15 miljard vir die SAL te bekom, was onwettig, veral in die lig daarvan dat BnP in daardie stadium nie ’n lisensie gehad het om as finansiëlediensteverskaffer op te tree nie.
  • Die direksie se besluit in Julie 2016 om kansellasiegeld van R49,9 miljoen aan BnP te betaal, was onwettig.
  • Myeni het in Junie 2015 onwettig ingemeng toe sy ’n winsgewende ooreenkoms tussen die SAL en Emirates gekeer het. Sy het toe aangevoer dat oudpres. Jacob Zuma gesê het hy is bekommerd oor die transaksie.
  • Myeni het in 2013 onwettig ingemeng by die kontrak met Airbus om 20 nuwe A320-200-vliegtuie aan die lugdiens te verskaf.
  • Myeni en die direksie het EY se verslag in Desember 2015 geïgnoreer wat gewys het dat daar beduidende probleme in die SAL was ten opsigte van verkryging en kontrakbestuur.
Meer oor:  Saapa  |  Outa  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Dudu Myeni  |  Inperking  |  Vlugte  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste  |  Koronavirus  |  Staatsondernemings  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.