Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL se eie skuld dat vlugte nie vertrek, sê vakbonde
Verlate SAL-toonbanke op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg Vrydag. Foto: Felix Dlangamandla

Vakbonde glo vas dit is die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se skuld dat vlugte gekanselleer is – nie omdat hulle staak nie.

Sakhumzi Mbenge, voorsitter vir die lugvaart-afdeling van die metaalwerkersvakbond Numsa, sê geen nuwe salarisaanbod is Donderdag ontvang nie.

LEES OOK: SAL: Nuwe loonaanbod op die tafel

Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) het Vrydag begin met wat hulle belowe die “moeder van alle stakings” gaan wees in ’n poging om die sukkelende SAL te dwing om sy salarisverhoging van 5,9% tot 8% te verhoog. Die vakbonde wil ook hê kontrakwerkers moet permanent aangestel word.

Die lugdiens, wat tegnies insolvent is, sê hy gaan nie meer as 5,9% aanbied nie. Hy waarsku ook dat daar moontlik

“geen herstel” sal wees ná die staking nie.

Zola Batatu, verteenwoordiger en skakelbeampte vir Numsa in Kaapstad, sê die SAL – en nie Numsa nie – moet geblameer word vir enige geldelike verliese wat die staking kan meebring.

“Húlle moet die skuld kry. (Dit is) nie die staking (wat) maak dat vlugte nie vertrek nie, die maatskappy het self gister besluit om die vlugte te kanselleer.”

Sonia Eitz, verteenwoordiger van Sacca, sê elke keer as die SAL geld wil bespaar, “vat hulle dit van die vlieëniers, kajuitbemanning en die passasiers”.

“Ons is al 17 jaar aangewys as die beste bemanning in Afrika, ongeag al die probleme. Tog wil hulle ons net ’n basiese verhogings gee.”

Eitz sê hoewel die grondpersoneel, tegniese dienste en kajuitbemanning nie verantwoordelik is vir die lugdiens se probleme nie, is dit hulle wat daaronder ly.

“Nie ’n enkele sent” is verhaal van diegene wat van finansiële wangedrag by die lugdiens beskuldig is nie, sê sy.

Sy wys ook daarop dat die maatskappy R20 miljoen betaal vir ’n spesialis om met die herstrukturering te help, maar dit dan nie kan bekostig om vir sy personeel behoorlike verhogings te gee nie.

Luvo Makhohliso, Eitz se kollega, sê dit is sy werk om mense te laat glimlag.

“Ons probeer ons werk doen, maar dit is hartseer om te sien wat ons werd is. Wanneer ons ook al oor verhogings praat, dan loop dit hierop uit.”

Vuyo Lufele, streeksekretaris van Numsa, sê die vakbond is bekommerd oor die moontlikheid dat die lugdiens kan sluit, maar voel dié moontlike scenario word gebruik om die werknemers uit te buit.

“Hierdie maatskappy is op die rand van ineenstorting bloot weens onbevoegdheid en wanbestuur, of ons nou staak of nie.” Fin24

Meer oor:  Sacca  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Numsa  |  Staking  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.