Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL se oudhoof kry nuwe pos in bedryf

Zuks Ramasia, voormalige waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), is aangestel as die hoof van die Raad van Lugdiensverteenwoordigers van Suid-Afrika (Barsa).

Zuks RamasiaFoto: SAL

Die aanstelling geld van 17 April.

Die SAL, wat in sakeredding is, het ’n week gelede aangekondig dat Ramasia op eie versoek “vroeg gaan aftree”.

Ramasia is ook die voorsitter van die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika en is ’n direkteur by die Lugvaartkoördinasiedienste.

Ramasia neem die pos as hoof van Barsa oor by June Crawford wie se ampstermyn in April eindig.

Craword sal steeds op Barsa se direksie dien.

In haar nuwe rol by Barsa, sal Ramasia ’n stem gee vir plaaslike en internasionale lugdienste wat in Suid-Afrika werk, en sy lede op die bedryfsforums verteenwoordig om sake rakende die bedryf te hanteer.

Die grootste uitdaging wat die lugdiensbedryf in die gesig staar, is hoe dit die gevolge gaan hanteer van lande wat grense sluit weens die Covid-19-pandemie.

Fin24 het voorheen berig dat die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) verwag dat die pandemie kan beteken dat die Suid-Afrikaanse lugdienssektor vanjaar 10,7 miljoen passasiers gaan vervoer. Dit kom neer op ’n verlies in inkomste van nagenoeg R40 miljard.

Barsa sê dit werk saam met alle rolspelers in die bedryf, insluitende die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa), die Lugverkeer- en Navigasiedienstemaatskappy (ATNS) en die departement van gesondheid om die uitdagings wat die pandemie bied, op ’n samehangende manier aan te pak. – Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.