Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL se vliegtuie ingespan vir noodsaaklike vragvlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se vragafdeling, SAA Cargo, het te midde van die behoefte aan noodsaaklike invoergoedere vir die eerste keer tot nog toe ’n passasiersvliegtuig ingespan om vrag te dra.

Een van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Airbus A340-600-vliegtuie. Foto: Getty Images

Die lugdiens sê Woensdag in ’n verklaring hy het Maandag ’n Airbus A340-600-passasiersvliegtuig gebruik om noodsaaklike goedere tussen Duitsland en Suid-Afrika te vervoer.

Die moderne passasiersvliegtuig het met die vlug na Frankfurt vis, vars vrugte en groente, voorraad vir laboratoriums, sowel as motor- en vliegtuigonderdele vir herstelwerk, vervoer.

Op pad terug het die vliegtuig onder meer broodnodige goedere soos immunologiese farmaseutiese middels, insulien, persoonlike beskermende chirurgiese toerusting en babaformulemelk vervoer.

Die vlug het Dinsdagaand in Johannesburg geland.

Nog so ’n “kritiek belangrike” vlug word vir Vrydag beplan sodat noodsaaklike mediese toerusting en ander goedere vinnig die land kan inkom.

Dié vlug sal tussen Johannesburg en Guangzhou, China, vlieg.

Die SAL sê hy het die A340-600 hiervoor beskikbaar gemaak vanweë sy grootte en uitmuntende vermoë om lang afstande te kan aflê.

Die A340-600 is volgens Airbus die grootste vliegtuig in die A340-reeks. Hy is meer as 75 m lank en kan tot 370 passasiers vervoer.

Met die vragvlugte was daar egter geen passasiers aan boord nie.

Volgens die SAL is daar weens grootskaalse beperkings op handel tans ’n groot aanvraag na vragvlugte, wat die behoefte aan nog kapasiteit vergroot het.

“As ’n nasionale lugdiens is ons bly dat ons kan bydra om broodnodige mediese voorraad en ander noodsaaklike goedere hierheen te kon bring om te help in die stryd teen Covid-19,” sê Justice Luthuli, waarnemende hoofbestuurder van SAA Cargo.

Slegs vragvliegtuie mag tydens die staat van inperking vlieg, en die meeste lugdienste is reeds vir bykans twee weke gesluit.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Invoer  |  Covid-19  |  Handel  |  Staat Van Inperking  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.