Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL skrap 27 vlugte in Februarie

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het 27 vlugte in Februarie gekanselleer weens ’n te lae vraag is na sekere vlugte gegrond op huidige besprekings, het die lugdiens Donderdag gewaarsku. Dit sluit enkele oggend- en aandvlugte tussen Johannesburg, Durban en Kaapstad in, vlugte tussen Johannesburg en Oos-Londen, asook vlugte tussen Johannesburg en bestemmings in die res van Afrika soos Livingstone in Zambië, Kinshasa, Windhoek, Nairobi, Dar es Salaam, asook 'n vlug na Washington DC in Amerika via Accra in Ghana.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vlugte word al hoe meer gekanselleer. Foto: Bloomberg

Philip Saunders, handelshoof van die SAL, sê in ’n verklaring die lugdiens sal alle passasiers op alternatiewe vlugte van die SAL en sy Star Alliance-vennote probeer huisves. Hy verwag daar sal net minimale vertragings of ongerief wees, maar die lugdiens wou nou al waarsku sodat mense kan beplan.

Reisagente en alliansievennote is reeds laat weet, en passasiers kan https://www.flysaa.com/de-traveladvisory of www.flysaa.com raadpleeg vir besonderhede oor die gekanselleerde vlugte.

Saunders sê die stap is nodig om te verseker die lugdiens doen doeltreffend sake. Dit kom ook in die konteks van die finansiering van R3,5 miljard wat die sakereddingspraktisyns pas van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) gekry het.

Die geld is om die SAL aan die gang te hou tot einde Februarie wanneer die sakereddingsplan gepubliseer sal word.

Die lugdiens moet dus nou verseker dat hy sy kontant baie spaarsamig gebruik deur verskeie kostebesnoeiingsmaatreëls.

Die SAL sê die sakereddingspraktisyns gaan ook voort om alle kontrakte met derde partye te hersien, en sekere kontrakte sal gekanselleer of heronderhandel word op beter voorwaardes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.