SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL staak vlugte na Hongkong
Een van die SAL se vliegtuie besig om op te styg. Foto: Reuters

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) staak sy vlugte na Hongkong van Saterdag 23 November tot Saterdag 14 Desember.

Die SAL het Donderdag in ’n verklaring gesê dié besluit is geneem weens die “beduidende finansiële verliese” wat hy op dié roete ly. Die politieke onrus in Hongkong vererger sy verliese.

Deur die vlugte te staak, kan die SAL beter gebruik maak van sy hulpbronne en meer op streekdienste fokus, sê Philip Saunders, bedryfshoof van die SAL, in die verklaring.

Die SAL sê hy sal passasiers so gou moontlik kontak en reëlings met hulle tref. Die lugdiens vlieg tans vier keer per week tussen Johannesburg en Hongkong.

Die SAL sê hy is nie die enigste lugdiens wat sy vlugte na dié bestemming afskaal nie.

Luidens die verklaring het Cathay Pacific, Air China, Singapore Airlines, All Nippon Airways, United Airlines en ander ook reeds bedrywighede afgeskaal weens die onrus.

Die SAL sê hy sal Donderdag verdere aankondigings doen oor die status van sy streekvlugte.

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) staak sedert Vrydag by die lugdiens.

Die staking het aanvanklik daartoe gelei dat die SAL al sy vlugte gestaak het. Hy het egter vroeër die week al sy internasionale vlugte, sowel as van sy streek- en plaaslike vlugte, hervat.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Hongkong  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.