Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Staat stuur eindelik brief oor waarborge
Daar is nou aan al die voorwaardes voldoen vir die SAL se reddingsplan. Foto: Twitter

Daar is nou aan al die voorvereistes vir die sakeredding van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) voldoen.

Die regering het Maandagaand ’n brief aan die sakeredders gestuur waarin hy onderneem om waarborge in plek te hou vir die R5,5 miljard wat verlede jaar deur die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika en Suid-Afrikaanse banke aan die SAL geleen is om hom aan die gang te hou.

Adrian Lackay, woordvoerder vir die departement van openbare betrekkinge, het Dinsdagoggend aan Netwerk24 bevestig dat die brief wel gestuur is.

Hy gee egter geen besonderhede oor wat in die brief staan of waarop die regering en die banke ooreengekom het nie.

Nedbank, Investec, FirstRand, Absa en Standard Bank het in Desember saam R2 miljard aan die SAL geleen en die Ontwikkelingsbank R3,5 miljard. Die SAL skuld R16,4 miljard.

Die sperdatum om dié brief te stuur was Maandagaand, nadat krediteure Vrydag ingestem het om dit tot dan uit te stel.

Dit volg nadat die regering en die banke teen 22 Julie – die vorige sperdatum – nog nie oor die waarborge kon ooreenkom nie.

Luidens die sakereddingsplan kan die redding van die SAL nou voortgaan, aangesien daar nou aan al die voorwaardes voldoen is.

Die vyf voorwaardes waaraan voldoen is:

  • Die reddingsplan is deur die krediteure aanvaar.
  • Die tesourie en departement van openbare ondernemings het onderneem om transaksies goed te keur wat nodig is vir die inwerkingstelling van die reddingsplan ingevolge art. 54.2 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA).
  • Die departement van openbare ondernemings het onderneem om transaksies goed te keur wat nodig is vir die inwerkingstelling van die reddingsplan ingevolge die SAL se akte van oprigting.
  • ’n Ooreenkoms is bereik oor skeidingspakkette met werknemers en vakbonde wat hulle verteenwoordig.
  • ’n Brief van die tesourie en die departement van openbare ondernemings is ontvang wat die staat se “steun en toewyding bevestig tot die verskaffing van die nodige finansiering vir die verskillende verbintenisse soos uiteengesit in paragraaf 28 van die reddingsplan”. Dié paragraaf verwys na ’n aanvanklike R2,8 miljard se bedryfskapitaal wat nodig gaan wees om die SAL weer aan die gang te kry.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.