Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-staking raak dalk Comair ook
Comair, wat British Airways en Kulula in Suid-Afrika bedryf, waarsku dat die staking by die Suid-Afrikaanse Lugdiens hulle ook kan beïnvloed.Foto: Reuters

Die lugdiensgroep Comair, wat British Airways (BA) en Kulula.com bedryf, waarsku dat enige staking by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se tegniese afdeling sy vlugte moontlik ook kan raak.

“Gebeurlikheidsplanne is ingestel om enige impak van ’n staking by SAL Tegnies teen te werk,” sê Comair Donderdagoggend in ’n verklaring.

Dit volg nadat die SAL Woensdag kort voor middernag aangekondig het dat hy al sy binne- en buitelandse vlugte vir Vrydag en Saterdag kanselleer.

LEES OOK: SAL kanselleer alle vlugte vir Vrydag en Saterdag

“Ons sal alles moontlik doen om ons kliënte ingelig te hou en die impak van enige staking by SAL Tegnies te minimaliseer,” sê Wrenelle Stander, mede- uitvoerende hoof van Comair, in die verklaring.

Comair se kliënte kan ba.com of kulula.com besoek om te kyk of hul vlugte geraak word.

Passasiers van BA kan 011 921 0222 bel terwyl passasiers op kulula.com 086 158 5852 kan bel vir meer inligting.

SAL Tegnies lewer ook dienste aan ander lugdienste soos SA Express en Mango.

Dié twee lugdienste het in Oktober ook deurgeloop toe daar probleme by SAL Tegnies was. Hulle moes van hul vliegtuie op die grond hou.

Meer oor:  Kulula.Com  |  Sal  |  British Airways  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Comair  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.