Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL stap uit parlementêre komitee

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Woensdagoggend uit ’n komitee van die parlement gestap en teruggevlieg na Johannesburg omdat LP’s in die komitee daarop aangedring het dat dit ’n oop vergadering moet wees.

Die vergadering van die staande komitee oor finansies het op ’n twis oor dié kwessie uitgeloop.

Die SAL moes oor die vierde kwartaal van sy boekjaar tot einde Maart verslag doen en verdere terugvoering gee oor sy omdraaiplan.

Die SAL-afvaardiging is gelei deur Vuyani Jarana, uitvoerende hoof, wat in November verlede jaar daar begin werk het.

Dit is selde dat komiteevergaderings in die parlement geslote is, hoewel die gesamentlike staande komitee oor intelligensie gewoonlik geslote vergaderings hou.

Alf Lees, DA-lid van die komitee en die DA se adjunkwoordvoerder oor finansies, het vroeër beswaar aangeteken teen die feit dat die vergadering geslote sou wees vir die publiek en die media.

Die nuusdiens eNCA het Woensdag berig Jarana en die verteenwoordigers van die SAL se direksie het geweier om hul aanbieding aan die komitee te doen as dit ’n oop vergadering is.

JB Magwaza, voorsitter van die SAL, het vroeër aan die komitee gesê hulle wil sekere aspekte van die SAL se sake vertroulik met die komitee bespreek, want hulle wil nie hê die SAL se mededingers in die private sektor moet kommersieel sensitiewe inligting oor die SAL bekom nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.