Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Steeds geen teken van staat se beloofde hulp
Daar is steeds geen teken van die R10,3 miljard om die SAL te red nie. Foto: Twitter

Daar is steeds geen teken van die R10,3 miljard wat nodig is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te red nie.

Dit is luidens ’n kennisgewing aan belanghebbendes wat Les Matuson en Siviwe Dongwana, die sakeredders wat vir die SAL aangestel is, Vrydag op hul webtuiste gepubliseer het.

Matuson en Dongwana het ’n week gelede gewaarsku as hulle teen 17 September nog nie die geld gekry het nie, sal ernstige vrae ontstaan oor of die lugdiens gered kan word.

Hulle het toe reeds gesê as hulle nié die geld kry nie, sal hulle op 18 September om 11:00 met belanghebbendes vergader. Hulle het Donderdag bevestig dat dié vergadering nou voortgaan.

Die toekoms van die sakereddingsplan vir die lugdiens sal dan bespreek word.

LEES OOK: Sakeredders: SAL het nóú R10 mjd. nodig

Sam Mkokeli, woordvoerder van die departement van openbare ondernemings, het vroeër Donderdag vir Netwerk24 na die sakeredders verwys toe hy gevra is of daar al enige nuus is oor die geld vir die SAL.

Die departement het op 10 September in ’n verklaring gesê dat hy steeds hard werk om geld vir die SAL “te mobiliseer”.

Een van die voorwaardes van die sakereddingsplan was dat die departement op skrif moes stel dat hy dié geld beskikbaar sal maak.

Die departement het so ’n brief reeds op 15 Julie aan die sakeredders gestuur.

Verlede week het die departement gesê hy werk saam met Rand Merchant Bank (RMB) om alle moontlike aanbiedinge van finansiële steun vir die lugdiens te oorweeg.

Die department het voorheen vir RMB as raadgewer hieroor aangestel. Hy het ook gesê dat daar meer as tien private beleggers en finansiers is wat belangstel om in die “nuwe” SAL te belê.

LEES OOK: 10 stel belang om in ‘nuwe’ SAL te belê

Alf Lees, DA-LP, het die sakeredders se brief van ’n week gelede as ’n “afpersnota” beskryf.

Hy sê die kennisgewing was niks minder nie as om die spreekwoordelike mes teen die keel van belastingbetalers te hou en op die geld aan te dring.

Hy het toe gesê dis duidelik dat die bewerings van aanbiedinge deur private beleggers om in die SAL te belê, glad nie ernstig is nie.

Lees het herhaal die DA sal nie skroom om hom weer op die hof te beroep indien die regering sou poog om belastinggeld aan die SAL toe te ken nie.

Fin24 het vroeër dié week berig dat Ethiopian Airlines glo wel nog belangstel om die SAL finansieel te help.

Abel Alemu, streeksbestuurder vir Ethiopian in Suider-Afrika, het tydens ’n aanlyn webinaar bevestig dat dié lugdiens in gesprek is met die departement van openbare ondernemings “net om te kyk hoe ons kan saamwerk”.

Die sakeredders het al herhaaldelik gewaarsku as hy nié die R10,3 miljard kry nie, sal die reddingsplan tot onuitvoerbaar verklaar moet word, en dat die SAL dan gelikwideer moet word.

R2,2 miljard van die R10,3 miljard is om skeidingspakkette aan meer as 3 000 van die SAL se werknemers te betaal.

Sou die reddingsplan wel suksesvol wees, gaan net 1 000 werknemers hul werk behou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.