Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL stop internasionale vlugte

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het al sy internasionale vlugte tot einde Mei gestop in reaksie op die regering se reisverbod om die Covid-19-pandemie te stuit.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het vlugte weens die Covid-19-pandemie gekanselleer.

Die pandemie en wydverspreide reisbeperkings wat baie lande ingestel het, het in elk geval tot ’n skerp afname in die vraag na lugvervoer veroorsaak, het Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die SAL, Vrydag in ’n verklaring gesê.

Dit kom op ’n reeds moeilike tyd vir die SAL wat in sakeredding is weens finansiële probleme.

’n Aanvanklike verklaring wat volgens die SAL se sakereddingspraktisyns uitgelek het, het gelui dat selfs streek- en sommige binnelandse vlugte ook gestaak word en dat die SAL slegs tussen Johannesburg en Kaapstad sal vlieg, maar Sam Mkokeli, woordvoerder van die departement van openbare ondernemings, onder wie se toesig die SAL tans val, het gewaarsku dié uitgelekte verklaring is nie noodwendig die korrekte een nie.

Binnelandse vlugte en streekvlugte binne Afrika duur steeds voort, lui die amptelike verklaring.

Ramasia het verduidelik die SAL se internasionale roetes fokus op drie hoofmarkte wat almal deel vorm van hoërisiko-gebiede. Dit is Amerika, met Washington DC en New York as bestemmings, Brittanje met die Heathrow-lughawe as bestemming, en Duitsland met Frankfurt en München as bestemmings.

Die SAL vlieg ook na Perth in Australië en Sao Paulo in Brasilië, wat ook as hoërisiko-gebiede verklaar is. Al hierdie internasionale vlugte word nou gestaak tot en met einde Mei.

Ramasia het passasiers om verskoning gevra vir die ongerief en gevra hulle moet sy webblad, www.flysaa.com, raadpleeg vir opdaterings of hul reisagente en die SAL se inbelsentra kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.