Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL Tegnies werk weer aan Mango, SAL-vliegtuie
Mango se vliegtuie kan weer vlieg nadat ’n ooreenkoms oor die betaling vir instandhoudingswerk bereik is. Foto: Argief

SAL Tegnies (Saat) het weer begin om instandhoudingswerk aan die vliegtuie van twee van sy kliënte te doen.

Saat het onlangs aangekondig hy gaan weens wanbetaling sy instandhoudingswerk aan die vliegtuie staak.

Die mees prominente kliënt wat hieronder gely het, was Mango Airlines.

Mango het Vrydag bevestig dat hy ’n ooreenkoms met Saat bereik het.

Mango is net soos Saat deel van die SAL-groep.

LEES OOK: Mango, SAL Tegnies bereik ooreenkoms

Saat sê Sondag in ’n verklaring dat Mango se vliegtuie reeds weer van Saterdag af lugwaardig is nadat hy dit versien het.

Die SAL is self een van Saat se kliënte met ’n agterstallige rekening.

Alle bedrywighede is die afgelope week by SAL opgeskort omdat die lugdiens se sakereddingsplan nog nie uitgevoer kon word nie.

Sommige huurvlugte van die SAL is wel nog in bedryf en sal volgens Saat nou sonder probleme kan voortgaan.

Adam Voss, uitvoerende hoof van Saat, sê in die verklaring weens die maatskappy se geldnood as gevolg van die wanbetalings deur Mango en die SAL kon Saat in September sy werknemers net 25% van hul salarisse betaal.

Saat sê hy bly steeds in gesprek met die SAL en Mango oor die betaal van agterstallige skuld.

Meer oor:  Mango  |  Sal Tegnies  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.