Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Tesourie wil voorwaardes stel, DA wil sittings hê

As die tesourie geld gaan leen om die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) weer in die lug te kry, gaan hy baie streng voorwaardes daarvoor stel.

Daar is steeds geen teken van die meer as R10,3 miljard wat die SAL benodig om weer in bedryf te kom nie. Foto: Twitter

Bloomberg berig volgens twee bronne wat anoniem wil bly, was dit een van die gesprekspunte die afgelope naweek tussen die tesourie en die departement van openbare ondernemings oor maniere hoe om die SAL weer op dreef te kry.

Volgens die bronne het verteenwoordigers van twee Suid-Afrikaanse banke ook die vergadering Saterdag bygewoon.

Die SAL kort dringend R10,3 miljard om die sakereddingsplan wat krediteure reeds in Julie aanvaar het, deur te voer.

Daar is tot dusver geen teken van die geld nie.

Bloomberg berig volgens die bronne is Tito Mobweni, minister van finansies, wel bereid om staatswaarborge van R4 miljard tot R5 miljard van dié bedrag te verskaf.

Die voorstel dat die staat enigsins geld vir die SAL gee, word uit verskeie oorde teengestaan.

Geordin Hill-Lewis, DA-LP, sê Maandag in ’n verklaring die staat kan dit nie bekostig om geld vir die SAL te gee wat gebruik kan word om die ekonomie te help herbou ná die Covid-19-pandemie nie.

Hill-Lewis sê die party gaan ’n brief aan Joe Maswanganyi, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir finansies, stuur om te vra dat openbare sittings gehou moet word oor enige reddingsboeie wat die staat vir die SAL oorweeg.

“Elke parlementslid, veral elke ANC-LP, moet duidelik begryp dat deur ’n reddingsboei te ondersteun, beteken dit dat daar aktief besluit word om die finansiering van dienste aan arm mense en van Covid-19-hulpprogramme te verminder,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.