Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Vakbonde hoop R10 mjd. kom dié week

Die vakbonde Numsa en die Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) hoop die finansiering van meer as R10 miljard wat nodig is vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se sakereddingsplan, realiseer vandeesweek voordat die volgende krediteurevergadering gehou word.

Die staat beplan glo steeds om die SAL te red. Foto: Reuters

Numsa en Sacca het Saterdag in ’n gesamentlike verklaring gesê hulle neem kennis dat die SAL se sakeredders Vrydag ’n brief van die nasionale tesourie en die departement van openbare ondernemings gekry het waarvolgens die regering dié week die finansiering van R10,3 miljard vir die sakereddingsplan sal mobiliseer.

Zazi Nsibanyoni-Mugambi, president van Sacca, en Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, sê as gevolg van dié brief het die sakeredders Vrydag besluit om die krediteurevergadering met nog ’n week uit te stel om die departement tyd te gee om die finansiering te vind.

Die vakbonde sê die volgende sewe dae gaan kritiek wees. “As die regering nie die geld kan kry teen die volgende krediteurevergadering nie, kan dit beteken dat die likwidasie van die SAL weer ter sprake is.”

Terselfdertyd meen hulle die vergadering met krediteure is dalk ook uitgestel omdat Numsa en Sacca se regsverteenwoordigers voor die vergadering ’n kennisgewing aan die sakeredders, die kantoor van die presidensie, die departement en die nasionale tesourie gestuur het waarin hulle sê indien die krediteure ten gunste van likwidasie stem, gaan hulle hof toe om dit te stuit.

Die vakbonde neem kennis daarvan dat die departement in die verklaring gesê het die SAL sal nie gelikwideer word nie.

“Ons neem ook kennis van die departement se versekering dat die finansiering beskikbaar gestel sal word, maar ons hoop dié keer gaan dit nie net woorde en leë beloftes wees nie.

“Dit is nie die eerste keer dat die departement en die tesourie die spertyd vir finansiering misloop nie.”

Die vakbonde sê die sakereddingsproses was verwoestend vir hul lede wat vir minstens vier maande sonder ’n salaris was.

Die vakbonde het Vrydag voor die SAL se kantore in Johannesburg en Kaapstad betoog en ’n verklaring met eise aan die departement oorhandig.

Een hiervan is dat die SAL ná sy herstrukturering nie die huidige direksie onder voorsitterskap van Thandeka Mgoduso, of die uitvoerende bestuurspan, kan behou nie. “Die direksie en die uitvoerende bestuurspan het deur wanbestuur en korrupsie tot die ineenstorting van die lugdiens gelei. As hulle weer enige rol by die lugdiens speel, gaan hy weer ineenstort.”

’n Beroep is ook op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om in te gryp.

Luidens die vakbonde se verklaring het hulle Ramaphosa en die ANC se topses by Luthuli-huis ontmoet en is hulle hier verseker dat ’n herstruktureerde SAL, wat vry is van die bagasie van die verlede en wat lewensvatbaar is, ondersteun sal word.

“Die president het self aan ons die onderneming gegee dat hy die omkeer van die SAL ondersteun en ons doen ’n beroep op hom om aan sy belofte gestand te doen.”

Meer oor:  Sacca  |  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Numsa  |  Sakeredding  |  Kajuitpersoneel  |  Vakbonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.