Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL: Vakbonde kry nié interdik teen afleggings

Die arbeidshof in Johannesburg het Vrydag die dringende aansoek om afleggings by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te stuit, van die hand gewys, berig EWN.

Suid-Afrikaanse Lugdiens
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakeredders beplan glo afleggings van tussen 944 en 4 000 mense.

Die metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitpersoneelvereniging (Sacca) het ’n dringende interdik teen enige afleggings geëis.

Dit kom nadat Bloomberg Donderdag berig het die SAL het reeds stilletjies begin om werkers in te lig dat hul werk in gedrang is.

Mail & Guardian het Donderdag berig dat ’n bestuurder werknemers verlede week op die Koning Shaka-lughawe in Durban meegedeel het dat “hulle hulle maar daarop moet voorberei om in Maart in die werkloosheidsry te gaan staan”.

Dit was glo op 7 Februarie – ’n dag nadat Les Matuson en Siviwe Dongwana, sakeredders van die SAL, aangekondig het dat 11 van die lugdiens se roetes van Maart af geskrap gaan word omdat dit onwinsgewend is.

Plaaslik sal net die roete tussen Johannesburg en Kaapstad oorbly. Veral werknemers in Durban word dus geraak.

Die sakeredders het nog nie amptelik in hul gesprekke met vakbonde oor afleggings gepraat nie. Hulle het wel aangedui dat dit nodig sal wees, maar onderneem dat “alles moontlik gedoen sal word om die omvang daarvan te beperk”.

Die vakbonde voer aan afleggings word sonder die nodige prosesse wat deur arbeidswette vereis word, deurgedruk.

Adv. Andrew Redding, SC, namens die SAL het Donderdag in die hof gesê die vakbonde se aansoek was ’n publisiteitsfoefie omdat geen afleggings al gedoen is nie, berig Fin24. Redding het aan die hof gesê die lugdiens sal wanneer herstrukturering oorweeg word, al die wetlike prosesse eerbiedig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.