Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL vergader pal en vra steeds geld

Die oorsigkomitee van die nasionale tesourie en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het al ses keer vergader om oor ’n oplossing vir die lugdiens se likiditeitskrisis te praat.

En totdat die SAL die winsdrempelvlak bereik, sal die SAL weer ’n kapitaalinspuiting benodig, het Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die staatslugdiens, Donderdag gesê.

JB Magwaza, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se direksie.

Maar winsmarges het al begin verbeter en daar is groen lote, het Jarana aan die parlement belowe.

JB Magwaza, voorsitter van die SAL, het aan die parlement se staande komitee oor finansies gesê die bestuurspan se omdraaiplan begin vrugte afwerp.

Magwaza het beklemtoon die SAL handhaaf steeds sy hoë veiligheidsrekord, in die konteks van die susterslugdiens SA Express wat in Mei deur die Burgerlugvaartowerheid gedwing is om sy vlugte te staak.

Jarana sê die lugdiens het in sy vierde kwartaal tot einde Maart vanjaar R419 miljoen van sy inkomste verloor weens die sterker rand teen buitelandse geldeenhede. Die bedryfskoste het egter betreklik stabiel gebly danksy die teendeel van die sterker rand, wat die koste vir ingevoerde insette ingeperk het. Sonder die sterker rand sou die koste groter gewees het as waarvoor daar begroot is.

Jarana verduidelik deel van die verlies van R5,7 miljard vir die volle boekjaar is te wyte aan laer passasiersgetalle, stygende brandstofkoste en hoër instandhoudingskoste.

“Sekere dinge wat nie moes gebeur het nie, het gebeur, en sekere goed wat moes gebeur het, het nie gebeur nie,” sê hy.

Smalrompvliegtuie wat ingevolge die omdraaiplan behou moes word, is nie behou nie weens die probleme met die SAL as lopende saak. Daarenteen moes hy ontslae raak van vyf groot wyerompvliegtuie weens hul hoë koste, maar kon nog nie daarvan ontslae raak nie.

Die daling van 21% in binnelandse verkope in die jaar is deels weens die skuif van vermoë na die laekostefiliaal Mango.

Rasionalisering binne die SAL beteken vlieëniers wat nie tans benut kan word nie, word uitgekontrakteer aan ander lugdienste sodat hulle steeds in diens bly en teruggebring kan word wanneer die SAL hulle weer nodig het, sê Jarana.

Die SAL se bruto winsmarges is egter besig om te verbeter sedert die nuwe bestuurspan in November verlede jaar ingespring het. Waar die bruto winsmarge teen November nog -9% was, het dit teen Maart vanjaar tot ’n positiewe 9% verbeter.

In die binnelandse mark alleen het die winsmarge tot 28% verbeter en in die streekmark het dit tot 20% verbeter. Die SAL sukkel egter nog in die internasionale mark en Jarana sê dit gaan langer duur om te herstel. Die winsmarge daar is nog -2%, hoewel dit teen November nog op -15% was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.