Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-verlies neem skynbaar toe tot R4,5 mjd.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se verlies vir die 2017-boekjaar kan nou al selfs R4,5 miljard beloop, volgens inligting wat aan die parlement se staande komitee oor finansies verskaf is.

Dit is aansienlik meer as die R3,5 miljard wat net meer as ’n week gelede bekend gemaak is in antwoord op vrae wat die komitee aan die direksie van die staatsbeheerde lugdiens gestel het. Daar is in September verlede jaar nog geraam dat die verlies vir die boekjaar op R1,7 miljard te staan sou kom.

Alf Lees, die DA se woordvoerder oor finansies, sê sy party sal dié syfers en die groot verskille volledig onder die loep neem wanneer die SAL-direksie Woensdag voor die komitee verskyn. Hy meen dit is ondenkbaar dat die lugdiens se verliese in ’n kwessie van weke met R1 miljard kon toeneem.

Die grootste verlies wat tot nog toe deur ’n Suid-Afrikaanse staatsonderneming gely is, is die R14,5 miljard wat die staatsbrandstofmaatskappy PetroSA verlede jaar gely het.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het die afgelope Vrydag wel gesê dit lyk of die nuwe direksie by die SAL "dinge beter regkry".

Volgens Gordhan gaan die lugdiens egter beslis nog 'n kapitaalinspuiting nodig hê om sy balansstaat te stabiliseer. "Jy wil professionele mense hê om ‘n lugdiens te bestuur. Sit die regte mense in die regte poste. Dit is nie jou eie geld en jou eie risiko nie. Dit is openbare geld en daar moenie daarmee gespeel word nie," het Gordhan by 'n sake-ontbyt van die ouditgroep Deloitte in Sandton gesê.

Meer oor:  Alf Lees  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Da  |  Saa  |  Sal  |  Verlies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.