Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL ‘vlieg binnekort’ weer plaaslik – Gordhan
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.Foto: Elvira Wood

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan glo “binnekort” weer van sy gekanselleerde plaaslike roetes in bedryf stel.

Dis luidens Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

Gordhan was Woensdag ’n spreker op die vakverbond Fedusa se bedingingskonferensie wat in Johannesburg gehou is.

In ’n onderhoud met die SAUK het hy gesê die staat wil “duidelikheid” hê wat die SAL se roetes betref.

“Van ons plaaslike roetes wat tans gekanselleer is, sal weer in werking gestel word. Miskien in ’n ander formaat, maar ons werk hard saam met die sakeredders om duidelikheid te gee oor waarheen die SAL sal vlieg en waar besprekings gemaak kan word.

“Dit sal die SAL se kliënte weer teruglok,” het hy gesê.

IOL News het ook Woensdag getwiet dat Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, in sy provinsiale rede gesê het hulle is besig om met Gordhan te praat sodat die SAL “binnekort” weer vlugte na Durban instel.

Les Matuson en Siwive Dongwana, sakeredders van die SAL, het op 6 Februarie aangekondig dat die lugdiens alle binnelandse roetes, behalwe dié tussen Johannesburg en Kaapstad, kanselleer.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, sê in ’n twiet in reaksie op Gordhan se aankondiging dat hy bekommerd is oor of die staat die sakeredders gaan toelaat om hul werk onafhanklik te doen.

“Die staat se deurlopende inmenging gaan die proses laat misluk,” waarsku hy oor die aankondiging.

Geen sakereddingsplan is nog vir die SAL gepubliseer nie.

Dit volg nadat die sakeredders uitstel by krediteure gekry het wat hulle toelaat om die plan eers teen einde Maart te finaliseer.

Die sakeredders is genader vir kommentaar oor Gordhan se aankondiging, maar wou nie kommentaar daarop lewer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.