Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL-voorsitter bedank óók
JB Magwaza, voormalige voorsitter van die SAL.

Johannes Bekhumuzi Magwaza, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), het bedank.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het dit tydens sy begrotingsposdebat Donderdag aangekondig.

Magwaza, wat in Oktober 2017 aangewys is as voorsitter, bedank nou kort op die hakke van Vuyani Jarana, uitvoerende hoof, wat aan die begin van Junie by SAL bedank het.

Jarana het na politieke inmenging verwys as rede vir sy uittrede.

Zuks Ramasia is in die tussentyd aangewys as waarnemende uitvoerende hoof by die SAL.

Luidens Gordhan het Magwaza om persoonlike redes bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.