Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAL vry na vennote uit Midde-Ooste
Vliegtuie van die SAL staan op die aanloopbaan.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) praat met internasionale lugdienste, insluitend Emirates, om handelsbande te versterk.

Daar word onder meer gepraat oor die oorname van oortollige kajuitbemanning, maar SAL het nie vir enige geld gevra nie.

Die lugdiens is op ’n sending om moontlike vennote te vind wat hom dalk uit die finansiële verknorsing kan help.

City Press het berig het dat sowel Emirates as Etihad in samesprekings met SAL gewikkel is oor ’n moontlike vennootskap. As bron vir dié nuus is die Verenigde Arabiese Emirate se ambassadeur in Suid-Afrika aangehaal.

Ná dié berig in die Sondagkoerant het die SAL ‘ verklaring uitgereik.

SAL beleef sy ergste finansiële krisis nog en Vuyani Jarana, uitvoerende hoof, vra ’n belegger in die lugvaartbedryf moet die lugdiens help om winsgewend te word en verdere reddingsboeie van die staat te vermy.

Lugdienste van die Golfstate is as moontlike kandidate geïdentifiseer omdat hul roetes groot stede in Afrika met sakekerns in die Midde-Ooste, Europa en Asië verbind.

Emirates en SAL werk saam om hul bestaande kodedeel-ooreenkomste te versterk, maar daar is geen planne om te belê nie, het ’n woordvoerder van Emirates gesê.

Etihad het nie kommentaar gelewer nie.

SAL het reeds met lugdienste soos Emirates, Turkish Airways, Qatar Airways, Kenya Airways, Air Mauritius, Unite Airlines en Singapore Airlinse vergader, het die lugdiens in ’n verklaring gesê.

Etihad is nie op die lys nie en enige skuif deur dié lugdiens van Abu Dhabi om in SAL te belê, sal sy vorige beleid omkeer om net vennootskappe deur ekwiteitsbeleggings (in sy eie bedrywighede) aan te gaan.

Etihad sny tans ook poste en roetes en het bestellings vir nuwe vliegtuie vir eers gelos.

SAL en Etihad het kortstondig ’n kodedeel-ooreenkoms gehad maar dit is in 2016 beëindig toe SAL nie meer regstreekse vlugte tussen Johannesburg en Abu Dhabi aanbied nie. – Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.