Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam, Absa gee Jooste blaaskans
Markus Jooste

Die beleggingsmaatskappy van Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, het tot Maart volgende jaar gekry om sy skuld terug te betaal.

Netwerk24 het onlangs berig leners het sy Mayfair-maatskappye langer tyd gegee om hul skuld terug te betaal maar dit was nie bekend vir hoe lank nie.

Lees ook: Jooste se skoonseun praat oor Mayfair-skuld

Stefan Potgieter, Jooste se skoonseun en ’n direkteur van Mayfair, het in ’n e-pos gesê die leners en ander skuldeisers het ingestem om Mayfair tot einde Maart 2019 te gee.

Die twee Mayfair-maatskappye het ’n reëlingsooreenkoms met sy skuldeisers om sy bates te verkoop en die skuld terug te betaal. Die reëlingskema sou aanvanklik einde Desember tot ’n einde loop.

Die drie groot skuldeisers is Absa, Investec en Sanlam. Mayfair Speculators skuld meer as R1 miljard aan hulle.

Sy grootste bate is die beleggingsmaatskappy Lodestone Brands wat onder meer die lekkergoedmakers Mister Sweet en Rascals besit.

Die stigters van Lodestone, wat minderheidsaandeelhouers is, oorweeg glo om ’n aanbod vir Mayfair se belang in die maatskappy te maak. Dit sal omtrent R959 miljoen se skuld kan delg.

“Enige voorstel dat ons nie die saak op die gewone manier hanteer nie, byvoorbeeld dat ons Mayfair oormatig genadig is, is verkeerd,” het ’n woordvoerder van Absa, gesê. “Dit is Absa se voorneme om die reëlingskema asook ander regsmiddele tot ons beskikking te gebruik tot alle aanspreeklikhede van Mayfair aan ons nagekom is.”

Investec en Sanlam het ook bevestig die verlenging is toegestaan. – Bloomberg

Meer oor:  Mayfair  |  Steinhhoff  |  Markus Jooste  |  Stefan Potgieter  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.