Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam: ‘Ekstra’ doodseise tot 3x meer in 2021

Sanlam verwag dat die “ekstra” doodseise in 2021 twee tot drie keer meer gaan wees as wat in die pas afgelope boekjaar beleef is.

Santam en Sanlam se kantore in Sandton, Johannesburg. Foto: Elvira Wood

Sanlam het reeds in 2020 ’n wesenlike styging in doodseise ervaar in ooreenstemming met die tendense van oormaat sterftes wat deur die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad aangemeld is. Dit word toegeskryf aan mense wat waarskynlik aan Covid-19 gesterf het, maar by wie dit nie gediagnoseer is nie.

Wikus Olivier, die groep se strategiehoof, sê net

in Januarie en Februarie – dus in sy nuwe boekjaar – was addisionele eise omtrent 60% hoër as wat met die piek van die eerste golf in Junie en Julie 2020 gesien is.

In 2020 het doodseise wat uitbetaal is sowat R531 miljoen meer as in 2019 beloop.

“Ons verwag in dié stadium dat die addisionele doodseise in 2021 omtrent twee tot drie keer méér gaan wees as wat ons in 2020 gesien het. Dit maak voorsiening vir sowel die tweede golf, waarvan die meeste eise in Januarie en Februarie was, as ’n verwagte derde golf.”

’n Pandemie-reserwefonds vir oormaat doodseise van R760 miljoen is verlede jaar geskep en R492 miljoen daarvan is reeds gebruik.

Sanlam het egter nie sy pandemie-reserwefonds verhoog nie.

“Die ekstra eise wat ons in 2021 verwag, gaan beslis meer wees as die oorblywende reserwe, maar dit is nie die enigste reserwe wat ons het nie. Ons hou ook ander diskresionêre reserwes wat ons kan benut.”

Paul Hanratty, uitvoerende hoof van Sanlam.

Hy sê anders as die ander lewensversekeraars wat addisionele reserwes moes skep, het Sanlam reeds reserwes in die verlede opgebou.

“Sanlam staan bekend daarvoor dat hy baie konserwatief is en het voldoende reserwes reeds op die balansstaat gehad om dit te kan hanteer.”

Paul Hanratty, uitvoerende hoof, sê hulle het in ag geneem hoe lank dit gaan vat vir die inentingsprogram om ’n impak te hê. Volgens hom is geen impak van die inenting op die verwagte oormaat doodseise vanjaar in ag geneem nie.

Die bedryfswins van die groep is op verskeie wyses die afgelope boekjaar deur die pandemie en die inperkings nadelig geraak.

Hanratty sê die grootste impak op die netto bedryfswins, wat met 13% gedaal het, is die voorsiening van R3 miljard vir potensiële eise vir die onderbreking van sakebedrywighede wat die groep se filiaal Santam gemaak het. Volgens hom is dit in ’n mate teengewerk deur die minder eise vir minder motorversekeringseise weens die inperking.

Nog ’n groot impak is die ekstra voorsiening vir potensiële slegte skuld wat gemaak moes word nadat die pandemie en die inperkings sy tol op verbruikers en ondernemings geëis het. Dis in Indië, die res van Afrika en ook in Suid-Afrika in sy onderneming wat blootstelling het aan die krediet van maatskappye.

Die minder nuwe polisse wat geskryf is omdat direkte kontak met adviseurs tydens die streng inperking beperk is, het ook ’n impak gehad.

Uitgesluit dié faktore sou die groep se bedryfswins met 17% gestyg het, volgens Olivier. “Dis ’n baie goeie prestasie gegewe die omgewing.”

Vooruitsig

Die groep verwag nie die ekonomie gaan in 2021 herstel tot die vlak wat dit einde 2019 was nie.

Hanratty sê dis ’n baie moeilike jaar om leiding aan beleggers oor die vooruitsig te gee weens die groot onsekerheid oor faktore soos die finalisering van die eise vir sake-onderbreking by Santam en die oormaat doodseise wat weens nog golwe gaan kom.

’n Dividend van 300c – 10% laer as in 2019 – is verklaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.