Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam kry 3 nuwe grootbase
Paul Hanratty is aangestel as die nuwe uitvoerende hoof van Sanlam. Foto: Verskaf

Die lewensversekeraar Sanlam kry vanjaar drie nuwe grootbase.

Sanlam het Dinsdag in ’n verklaring gesê Elias Masilela is as nie-uitvoerende voorsitter, Paul Hanratty as uitvoerende hoof en Abigail Mukhuba as finansiële hoof aangestel.

Masilela volg dr. Johan van Zyl op 10 Junie op.

Sanlam het vroeg in Maart aangekondig dat Van Zyl op 3 Junie op die jaarvergadering gaan uittree.

Van Zyl was lank Sanlam se uitvoerende hoof en is in Junie 2017 as voorsitter van die groep aangestel.

Hy het saam met die direksie van Sanlam besluit om uit dié rol te tree weens kommer oor sy onafhanklikheid.

Van Zyl sal steeds ’n lid van die direksie bly.

LEES OOK: Johan van Zyl tree af as Sanlam se voorsitter

Masilela was voorheen die uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Elias Masilela
Elias Masilela
Abigail Mukhuba
Abigail Mukhuba

Hanratty neem op 1 Julie die leisels by Ian Kirk oor as uitvoerende hoof van Sanlam.

Kirk se kontrak van vyf jaar kom op 31 Desember tot ’n einde. Hy sal volgens Sanlam tot dan in diens van die maatskappy wees en sal onder andere vir Hanratty bystaan.

Hanratty is ’n aktuaris wat sedert April 2017 in die direksie van Sanlam dien. Hy was voorheen verbonde aan Old Mutual.

Mukhuba neem op 1 Oktober die leisels by Wikus Olivier oor as finansiële hoof van die maatskappy. Olivier het sedert Julie 2019 in dié pos waargeneem nadat Heinie Werth as uitvoerende hoof van Sanlam se afdeling vir ontluikende markte aangestel is.

Makhuba is ’n geoktrooieerde rekenmeester en werk tans by African Rainbow Minerals. Sy was voorheen verbonde aan BMW en Exxaro Resources.

Sanlam het Dinsdag meer as 2% hoër teen R50,02 op die JSE verhandel nadat die aankondiging gedoen is.

Meer oor:  Sanlam  |  Johan Van Zyl  |  Ian Kirk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.