Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam koop verdere belang van R1,9 mjd. in Saham

Sanlam het nog 22,8% teen R1,9 miljard van die Marokkaanse versekeraar Saham Assurance Maroc gekoop.

Sanlam se verkryging van 'n Marokkaanse versekeringsgroep duur voort. Foto: Unsplash

Sanlam het daarmee sy gesamentlike direkte en indirekte belang tot 84,5% verhoog.

Die aandele is van Said Alj en twee entiteite wat met hom verband hou, Sanam Holdings en First Commercial Estate Company, gekoop.

Sanlam het in 2018 sy grootste belegging nog van R12,5 miljard aangekondig toe 53,4% van Saham Finances gekoop is.

LEES OOK: Sanlam doen grootste belegging nóg

Said Alj en die twee entiteite gaan in kontant betaal word en die transaksie word deur Sanlam gefinansier deur skuldgeriewe te gebruik.

Saham Assurance Maroc word as die grootste eiendom- en ongevalleversekeraar in Marokko beskryf.

Sanlam se filiaal besit reeds 61,7% van die maatskappy wat sedert 2010 op die aandelebeurs in Casablanca genoteer is.

Volgens Sanlam word ’n aantal strategiese voordele in die vooruitsig gestel om die belang te verhoog, insluitende om hom in staat te stel om sy teenwoordigheid in Noord-Afrika en die Franssprekende dele van Wes-Afrika uit te brei.

As deel van die transaksie het die verkopers ’n onherroepbare onderneming gegee om 50% van die koopsom te gebruik om aandele in Sanlam in die ope mark te koop. Die aandele sal oor die komende maande gekoop word en moet vir ’n minimum van twee jaar gehou word.

Sanlam se aandeelprys op die JSE het Maandag met 1,2% gedaal.

Meer oor:  Sanlam  |  Versekeraars  |  Verkryging  |  Aandele  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.