Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam paai oor 2 in topbestuur wat waai

Talle uitvoerende direkteure wat Sanlam op ’n streep verlaat, is nie ’n rede tot kommer nie.

Die Sanlam-kantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: Shutterstock

Sanlam het dié week in ’n handelsoorsig veranderinge aan sy uitvoerende bestuurskomitee aangekondig. Robert Roux, uitvoerende hoof van Sanlam Investment Group (SIG), het aangedui hy wil einde van die jaar aftree. Hy was meer as 22 jaar in verskeie rolle by Sanlam voordat hy in die huidige pos aangestel is.

Lizé Lambrechts, uitvoerende hoof van die filiaal Santam, het verlede week aangekondig sy wil in 2022 aftree. Sy is in 2015 in die pos aangestel en het van 1985 in verskeie rolle by die groep gewerk en het veral sukses behaal met Sanlam Personal Finance (wat nou Sanlam Life and Savings is).

Fin24 berig nog ’n bekende in die beleggingswêreld, Helena Conradie, hoof van Satrix, tree in Oktober uit. Sy was 20 jaar by Satrix betrokke, amper agt jaar as uitvoerende hoof.

Michael Christelis, aandeelontleder van UBS, wou op ’n aanbieding oor die handelsoorsig weet of die “paar senior bestuur wat waai” te doen het met verskille oor strategie en of Sanlam beleggers kan gerusstel.

Paul Hanratty, uitvoerende hoof van Sanlam, sê die groep het nog altyd stabiliteit gehad met hoeveel ervare mense hy het. “Maar daarmee kom jy in ’n stadium tot ’n punt wat ’n wesenlike getal mense aftreeouderdom begin bereik.”

Hy verwys na iets wat Christelis in ’n navorsingsnota oor “vroeë aftrede” geskryf het en sê deesdae is daar nie meer ’n vaste aftreeouderdom nie omdat “mense na ander dinge wil aanbeweeg”.

Hy wou nie oor individue se redes iets sê nie, maar meen dis nie verkeerd dat sowel Lambrechts as Roux “gretig was om na iets anders aan te beweeg nie”.

Volgens hom is daar niks om oor bekommerd te wees nie, want Sanlam het genoeg baie talentvolle personeel waaruit opvolgers gekies kan word.

Lambrechts het buitendien ingestem om aan te bly vir solank sy nodig is en Roux bly aan tot die einde van die jaar.

Hanratty beloof ’n goeie proses sal gevolg word om vir die regte leierskap te soek wat hul werk kan voortsit en om ’n gladde oorgang te verseker.

“Ons is heeltemal in staat om dit te doen gegewe hoeveel talentvolle mense ons het.”

Meer oor:  Sanlam  |  Versekeraars  |  Direksie  |  Bedankings  |  Uitvoerende Hoofde  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.