Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam waarsku oor laer wins

Die finansiëledienstereus Sanlam se aandeelprys was Vrydagmiddag byna 4% laer op R64,27 nadat hy in ’n handelsverslag gewaarsku het dat sy wesensverdienste vir die boekjaar tot einde Desember met tussen 15% en 25% kan daal.

Sanlam se embleem aan die buitekant van een van sy kantoorgeboue.

Die verwagte daling spruit uit onder meer ’n eenmalige koste van R1,7 miljard wat ingevolge internasionale finansiële verslagdoeningstandaarde vir die uitreik van sy bemagtigingsaandele weergegee moet word.

Nog ’n eenmalige koste is sowat R250 miljoen as ’n bykomende amortisasiekoste op die konsolidering van Saham Finances en Nucleus as Sanlam-filiale.

Die wins- en verliesberekening van Sanlam-aandele wat in polishouers se portefeuljes as tesourie-aandele gehou word, die skuif van uitgestelde belastingbates weens geraamde verliese in polishouergelde en die konsolidasie van die Sanlam-stigting en sy bemagtigingsentiteit het boonop omgeswaai van ’n netto wins van R106 miljoen in 2018 tot ’n netto verlies van R868 miljoen in 2019, het Sanlam gesê.

Dan is daar nog die eenmalige wins van R2,8 miljard wat in 2018 se syfers was vir die gerekende verkoop van Saham en Nucleas, waarteen 2019 se syfers vergelyk moet word. Dit dra by tot ’n verwagte daling in verdienste toeskryfbaar aan aandeelhouers van tussen 35% en 45%, het Sanlam Vrydag in ’n Sens-verklaring gesê.

Sonder al dié eenmalige items sou Sanlam ses wesensverdienste met tussen 10% en 20% gegroei het, het hy wel genoem, en het beklemtoon dat die groep se onderliggende bedrywighede nog stewig en gesond is.

Sanlam verwag om sy jaarresultate volgende week op Donderdag 12 Maart bekend te maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.