Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanlam werf oudbaas van Momentum vir direksie

Sanlam het die voormalige uitvoerende hoof van een van sy mededingers as direkteur gewerf.

Nicolaas Kruger, voormalige uitvoerende hoof van Momentum Metropolitan.

Nicolaas Kruger, voormalige uitvoerende hoof van Momentum Metropolitan, word ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van sowel Sanlam as Sanlam Life Insurance.

Sy aanstelling geld van 26 Mei.

Kruger het in Februarie 2018 by Momentum uitgetree op ’n tydstip toe dié finansiëledienstefirma se syfers veel te wense oorgelaat het.

Dr. Johan van Zyl, Sanlam se voorsitter, het Van Zyl verwelkom en gesê hulle sien uit na sy bydraes om die direksie te versterk.

“Hy het die vereiste vaardighede, ervaring en onberispelike prestasiegeskiedenis wat ons glo Sanlam sal aanvul en waarde sal toevoeg en die groep se groei-ambisies sal ondersteun.”

Kruger was sewe jaar lank uitvoerende hoof van Momentum Metropolitan, toe nog bekend as MMI en voor dit twee jaar lank uitvoerende hoof van Momentum voordat dit in 2010 met Metropolitan saamgesmelt het. Die groep het verlede jaar sy naam in Momentum Metropolitan verander juis om weer sy welbekende handelsname te beklemtoon.

Dié samesmelting word beskou as een van die hoogtepunte van Kruger se loopbaan. Dit het Momentum Metropolitan omskep in die derde grootste lewensversekeraar wat op die JSE genoteer is (ná Old Mutual en Sanlam).

Kruger was 26 jaar by die groep. Voordat hy in 2009 uitvoerende hoof van Momentum geword het, was hy finansiële hoof en hoofaktuaris.

Hillie Meyer is in Kruger se plek as uitvoerende hoof aangestel.

  • In ’n vorige berig is geskryf Kruger was ná sy uittrede nie-uitvoerende direkteur van Momentum. Die maatskappy het met sy uittrede gesê hy sal op filiale se direksies en subkomitees van die direksie dien, maar hy was nooit op ’n direkteur van Momentum nie.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.