Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanral het te veel skuld, maan Moody’s

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hoë skuldvlakke en swak kontantvloei maak die kredietgradeerder Moody’s Investors Service bekommerd.

Sanral se kredietgradering is twee vlakke onder beleggingsgraad.

Sanral geniet egter ten volle staatsteun en daarom reken Moody’s Sanral se gradering van Ba2 – twee vlakke onder beleggingsgraad – bly toepaslik.

Sanral is 100% in staatsbesit, met die departement van vervoer as enigste aandeelhouer. Die regering waarborg ook sy skuld.

Sedert 1 Januarie reik Moody’s ’n verklaring uit nadat hy ’n maatskappy se kredietgraderings hersien het om seker te maak dis nog toepaslik. Dit verteenwoordig nié ’n graderingsbesluit nie en is ook nie ’n aanduiding dat ’n gradering binnekort gedoen gaan word nie.

Sanral, wat die land se nasionale padnetwerk wat oor 22 000 km strek in stand moet hou, word finansieel geknou deur ’n verreikende boikot van e-tol, wat ingestel is om vir Gautengse padverbeterings te betaal.

Gautengse motoriste skuld al meer as R10,8 miljard aan onbetaalde e-tolgeld, volgens Vusi Mona, Sanral-woordvoerder. In die vorige boekjaar (vir 2017-’18) is R3,6 miljard se skuld wat drie jaar en ouer is, afgeskryf.

Heelwat van Sanral se ander tolpaaie – wat nie op elektroniese skyfies staatmaak nie – is winsgewend.

Sanral het in die 2017-’18-boekjaar landwyd uit al sy tolpaaie R5,194 miljard verdien.

Meer oor:  Moody's  |  Sanral  |  Paaie  |  Infrastruktuur  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.