Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanral wil teen 2021 weer bou aan sy brug
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe die Mtentu-brug op die N2 gaan lyk. Foto: Argief

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) wil hê kontrakteurs moet weer teen vroeg volgende jaar aan die werk spring by die Mtentu-brugprojek in die Oos-Kaap.

Werk aan dié brug, wat deel gaan vorm van die N2, het tot stilstand gekom toe die konstruksiemaatskappy Aveng en sy Duitse vennoot, Strabag, besluit het om hulle daarvan te onttrek.

Die kontrak om die brug te bou het R1,6 miljard beloop.

Aveng en Strabag het hulle egter aan die projek onttrek en force majeure as rede aangevoer.

Dit is wanneer omstandighede buite ’n kontrakteur se beheer verhinder dat konstruksie kan voortgaan.

Die gesamentlike onderneming het aangevoer dat hy weens geweld en dreigemente van geweld deur lede van die plaaslike gemeenskap 83 dae lank nie op die perseel kon werk nie.

Die hof het egter in Sanral se guns besluit.

Sanral sê Dinsdag in ’n twiet dat die oomblik wat die tesourie staatsdepartemente toelaat om weer tenders uit te reik, sal ’n nuwe tender vir die bou van die brug uitgereik word.

Die plan is om die kontrak in die vierde kwartaal van vanjaar toe te ken. Sanral sê hy hoop dat ’n nuwe kontrakteur teen 2021 aan die brug van 1 132 m lank kan begin werk.

Eric Diack, voorsitter van Aveng, Adrian Macartney, finansiële hoof, en Sean Flanagan, uitvoerende hoof, het voorheen aan Netwerk24 gesê dat Sanral geen keuse gaan hê as om “van voor af te begin” met die Mtentu-projek nie.

Hulle het ook gesê dat daar “geen kontrakteur in Suid-Afrika is wat die kennis en vaardighede het om ’n projek van dié omvang alleen aan te pak nie”.

“Ons het die projek ontwerp om by ons metodes en prosesse te pas. ’n Nuwe kontrakteur sal van voor af met die ontwerpfase moet begin om by sy eie unieke metodes en prosesse te pas,” het Flanagan gesê.

Hy sê die brug sal waarskynlik ná voltooiing dieselfde lyk, maar dit sal op ’n ander manier gebou wees.

Meer oor:  Aveng  |  Sanral  |  Brug  |  N2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.