Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sanral wis niks van planne met Prasa-geld
Een van die e-tol-hekke in Gauteng.Foto: Argief

Die Nasionale Padagentskap (Sanral) weet glo niks van die plan om R2 miljard by die Passasierspooragentskap (Prasa) te vat om te vergoed vir Gautengse motoriste wat e-tol boikot.

Rapport het Sondag berig dat dié voorstel in ’n wetsontwerp oor toewysings gemaak is.

LEES OOK: Treinryers boet vir flop met e-tol

Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het Sondag op ’n navraag deur Netwerk24 gereageer en gesê hulle weet niks daarvan nie.

Luidens Rapport se berig is die wetsontwerp nog nie gefinaliseer nie en die tesourie het gesê hy sal hom deur LP’s laat lei oor die kwessie.

Sonja Carstens, woordvoerder van die United National Transport Union (Untu), het aan Rapport gesê Prasa het die afgelope vyf jaar slegs R3 miljard van sy toegekende R15 miljard bestee.

Die regering het ook glo luidens verlede jaar se Oktober-begroting reeds R3 miljard van Prasa na Sanral oorgeplaas.

Pres. Cyril Ramaphosa belowe al jare lank duidelikheid oor die e-tolstelsel. Sanral skuld reeds byna R11 miljard vir die projek.

Die afgelope week het David Makhura, Gautengse premier, in sy provinsiale rede gesê e-tol sál geskrap

word.

Tito Mboweni, minister van finansies, het egter op Twitter teruggekap na Makhura en in hoofletters getik:

“DIE GEBRUIKER MOET BETAAL!”

Niemand is nog strafregtelik vervolg weens wanbetaling van e-tol nie en Sanral het vroeër aangekondig dat

hy ook eers alle siviele eise terugtrek hangende ’n besluit van Ramaphosa oor die toekoms van die e-tolprojek.

Slegs sowat 30% van motoriste betaal tans hul e-tol, het Sanral Vrydag aan Rapport gesê.

Meer oor:  Prasa  |  Sanral  |  Tito Mboweni  |  Treine  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.