Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAPD betaal ‘buitensporige pryse’ vir maskers

Ondersoek gaan gedoen word na die “buitensporige pryse” wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan ’n maatskappy betaal het vir 500 000 chirurgiese maskers.

Gesigmaskers was sentraal tot die SAPD se rol om die staat van inperking te polisieer.Foto: Unsplash

Tsutsumani Business Enterprises het na bewering die SAPD uitgebuit toe hy in April 2020 dringend honderdduisende maskers moes bekom met die aanvang van die pandemie.

Die Mededingingskommissie het Sondag gesê die SAPD het ’n klagte by hom ingedien oor die buitensporige pryse wat hy aan Tsutsumani moes betaal.

Luidens die verklaring het die SAPD ’n tender uitgereik vir die verkryging van tot 10 miljoen maskers in April 2020, maar bittermin ondernemings het hierop gereageer.

Die SAPD het uit ’n kortlys die beste kandidaat gekies, en dit was Tsutsumani.

Maar dié maatskappy het volgens die kommissie die situasie uitgebuit en sy pryse noemenswaardig opgestoot vir die verskaffing van 500 000 maskers.

Die ander 17 verskaffers wat die res van die 9,5 miljoen maskers verskaf het, word nie tans aangekla van buitensporige prysvasstelling nie.

Tsutsumani ontken dat hy die situasie uitgebuit het.

Die Mededingingstribunaal hoor die klagte teen Tsutsumani Maandag aan.

Meer oor:  Mededingingstribunaal  |  Mededingingskommissie  |  Sapd  |  Covid-19  |  Gesigmaskers  |  Tenders  |  Verkryging  |  Staat Van Inperking  |  Ppe  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.