Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sappi kry hupstoot danksy Moody’s

Sappi se aandeelprys het Vrydag in ’n stadium met meer as 4% gestyg nadat Moody’s Investors Service die papier-en-pulpreus opgegradeer het.

Oplospulpvelle in Sappi se pakhuis.

En al bly Sappi onder beleggingsgraad, kan die opgradering met een vlak, tot net onder beleggingsgraad, die maatskappy se skuldkoste help verlig.

Die gradering se vooruitsig is egter van positief in stabiel verander, wat die kans op ’n verdere opgradering in die afsienbare toekoms verskraal.

Martin Fujerik, Moody’s se hoofontleder oor Sappi, sê inderdaad die kans dat Sappi beleggingsgradering haal, “is in dié stadium onwaarskynlik”.

Fujerik sê die opgradering gee erkenning aan Sappi se handhawing van “finansiële dissipline terwyl hy projekte onderneem om sy sakeprofiel verder te versterk en diversifiseer verder as die struktureel dalende bestrykte papier”.

Papiervervaardigers het die afgelope jare planne gemaak gegewe die daling in die verbruik van papier wêreldwyd, ook papier vir tydskrifte en koerante, waarvan die sirkulasie skerp daal.

Sappi het van sy fabrieke omgeskep vir die vervaardiging van verpakkingsmateriaal, wat winsgewender is en waarna die vraag styg soos wat verbruikers herwinbare verpakkingsmateriaal bo sekere soorte plastiek begin verkies.

Sappi het ook die vervaardiging van oplosbare houtpulp, wat in sekere tekstiele gebruik word, begin verhoog.

Moody’s sê die persentasie van die groepwins wat van bestrykte papier kom, het tot onder 20% gedaal.

Fujerik sê hoewel Sappi beoog om vanjaar $600 miljoen se kapitaalbesteding te doen, glo Moody’s hy sal dit gedissiplineerd doen “en sy beleggingsplan aanpas sou die bedryfsomgewing verswak”.

Sappi het in sy 2018-boekjaar nagenoeg $5,8 miljard se papier verkoop, waarvan 51% in Europa verdien is, 25% in Noord-Amerika en 24% in Suid-Afrika.

Meer oor:  Moody's  |  Sappi  |  Papier  |  Pulp  |  Verpakking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.