Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sasol: ‘Dít is hoekom ons Ayo die deur wys’
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

’n Algehele gebrek aan korporatiewe bestuur by Ayo Technology Solutions is die groot rede waarom Sasol ’n multimiljardrand-kontrak met dié maatskappy vroeg beëindig het.

Ayo, die tegnologiefiliaal van African Equity Empowerment Investments (AEEI), waarvan dr. Iqbal Survé se beleggingsbeheermaatskappy, Sekunjalo Investment Holdings, die grootste aandeelhouer is, het in Mei 2018 ’n IKT-meesterdienskontrak met Sasol gesluit wat sewe jaar sou duur.

Die kontrak was ter waarde van R2,3 miljard.

Sasol en Ayo het sedertdien geskik oor hoe die kontrak ’n jaar vroeg beëindig sal word.

Dit was hierdie spesifieke kontrak met Sasol wat volgens getuienis voor die kommissie van ondersoek na

gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), die groot rede was dat dié korporasie die korrekte prosesse aan die einde van 2017 gesystap het om R4,3 miljard in Ayo te belê as deel van Ayo se voorgenome notering op die JSE.

Paul Victor, finansiële hoof van Sasol, sê Maandag by navraag aan Netwerk24 die petrochemiese reus het besluit om dié stap te doen nadat hy bewus geraak het van beweerde markmanipulasie en ander ongerymdhede wat glo by Ayo plaasgevind het.

Victor sê Sasol was nooit bewus van enige ongerymdhede wat betref die kontrak wat hy met Ayo gehad het nie.

“Ons het nooit probleme gehad wat betref dienslewering van óf Ayo óf British Telecoms nie,” sê Victor.

Die kontrak wat Ayo met Sasol gehad het, was in samewerking met British Telecoms.

“Hul korporatiewe bestuur het hulle egter diép in die steek gelaat,” sê Victor.

Hy sê dit is egter nie die enigste rede waarom Sasol besluit het om die kontrak vroeg te beëindig nie. “Ons het ook die afgelope tyd besluit om ons IKT-stelsel eerder na ’n wolk-gebaseerde stelsel oor te skakel. Ons langtermynvisie en dié van Ayo was nie meer in pas nie,” sê hy.

Victor sê ’n nuwe maatskappy is reeds aangestel wat van 1 Julie af sy IKT-stelsels sal bestuur. Hy het nie gesê wie nie.

Meer oor:  Sasol  |  Ayo  |  Energie  |  Tegnologie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.