Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sasol se Lake Charles-aanleg oorleef Delta

Die petrochemiese groep Sasol het voorlopig geen skade gely deur die orkaan Delta by sy aanleg in Amerika nie.

Sasol
Sasol se chemiese aanleg by Lake Charles, Louisiana in Amerika. Foto: Sasol

Sy chemiese aanleg by Lake Charles in Louisiana is steeds gesluit, maar ’n voorlopige evaluering toon daar was geen vloedskade aan die aanleg nadat die orkaan Delta die Amerikaanse suidkus Vrydag getref het nie.

Daar was net kragonderbrekings oornag, het Sasol by navraag gesê.

Die orkaan Delta is die tweede groot storm wat die gebied in minder as ’n maand getref het, nadat die orkaan Laura onlangs die kraglewering aan die aanleg afgesny het. Dit kom terwyl Sasol probeer om die aanleg te voltooi wat in 2014 sowat $8,1 miljard sou kos. Verskeie terugslae, insluitend die tropiese storm Harvey wat in Augustus 2017 die gebied getref het, het die boukoste sedertdien tot $12,9 miljard opgejaag.

Die aanleg sal stelselmatig weer aangeskakel word wanneer dit veilig is, het Sasol Sondag gesê.

Dit sal afhang van die beskikbaarheid van krag en van materiaal wat nodig is om die bedrywighede by die aanleg voort te sit.

Meer oor:  Sasol  |  Louisiana  |  Lake Charles  |  Maatskappy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.