Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sasol klim op JSE ná nuus oor nuwe aanleg

Nuus dat Sasol sy nuwe chemiese aanleg in China suksesvol in bedryf gestel het, het sy aandeelprys Dinsdag met meer as 4% laat styg.

Dit het Dinsdag op R487,49 op die JSE gesluit.

Die aanleg naby Nanjing vervaardig verskillende chemikalieë wat gebruik word in die produksie van skoonmaakmiddels, tekstiele, metale en ander gespesialiseerde toepassings.

Bernard Klingenberg, hoof van Sasol se internasionale bedrywighede, sê die aanleg is binne die beplande begroting en tydsduur voltooi.

Die konstruksiewerk het reeds in 2017 begin.

Sasol gee nie besonderhede van hoeveel die aanleg gekos het nie.

Fleetwood Grobler, hoof van Sasol se afdeling vir chemikalieë, sê dié aanleg sal Sasol help om sy markaandeel in Asië uit te brei.

Meer oor:  Sasol  |  China  |  Chemikalieë
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.