Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sasol waarsku oor swak syfers
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Die petrochemiese reus Sasol waarsku dat hy ’n moeilike halfjaar agter die rug het.

In ’n handelsverklaring wat vroeg Maandagoggend op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer is, sê Sasol hy verwag dat wesensverdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Desember met minstens 20% tot R18,60 gaan daal.

Dit is teenoor dieselfde tydperk ’n jaar gelede.

Verdienste per aandeel gaan ook glo waarskynlik met 20% tot R19,14 daal.

Sasol waarsku dat sy halfjaar-resultate verder beïnvloed kan word deur aanpassings “wat voortspruit uit ons sluitingstyd vir die halfjaar”.

Die maatskappy, wat eers sy resultate vir die jaar tot einde Junie in Oktober bekend gemaak het, sê hy wil veral op sy balansstaat fokus.

“Hierdie sluit in om inkrementele likiditeit in te stel deur middel van ’n gesindikeerde leningsfasiliteit van $1 miljard met die Bank of America, Citi, Mizuho en MUFG van tot 18 maande en twee bilaterale fasiliteite met ’n gesamentlike waarde van $250 miljoen oor ’n tydperk van twee jaar,” sê die maatskappy in die verklaring.

Sasol sê dié fasiliteite sal hom help om sy likiditeitsposisie in Amerika in dollar te handhaaf terwyl hy die laaste fases van sy Lake Charles-projek afhandel.

Dit is juis dié projek wat in Oktober daartoe gelei het dat albei Sasol se uitvoerende hoofde bedank het.

Fleetwood Grobler is in Stephen Cornell en Bongani Nqwababa se plek aangestel.

Sasol sê die nuwe kredietfasiliteite behoort geen invloed op sy skuldlas te hê nie.

Sasol begin Maandag teen R282,62 op die JSE verhandel.

Meer oor:  Sasol  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.