Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sasol waarsku oor swak syfers
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.Foto: Elvira Wood

Die petrochemiese reus Sasol waarsku dat sy finansiële prestasie in die jaar tot einde Junie waarskynlik veel te wense gaan oorlaat.

Sasol het Vrydagoggend in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê dat sy wesensverdienste en verdienste per aandeel waarskynlik meer as 20% laer gaan wees as ’n jaar tevore.

Sasol gee in dié stadium egter geen spesifieke aanduiding wat hy verwag die syfers gaan wees nie. ’n Maatskappy moet die mark inlig sodra hy ’n idee het dat sy syfers met 20% gaan afwyk van die vergelykbare tydperk.

Sasol het ’n uitdagende jaar agter die rug.

Probleme by die aanleg wat hy buite Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana bou, het daartoe gelei dat albei sy uitvoerende hoofde in Oktober bedank het.

Fleetwood Grobler het toe die leisels by Stephen Cornell en Bongani Nqwababa oorgeneem.

Buiten dat daar groot kommer was oor die vordering en enorme ekstra koste wat by dié aanleg aangegaan is, het Sasol se aandeelprys erg deurgeloop toe die olieprys vroeër vanjaar weens die Covid-19-pandemie inmekaar gestort het.

Vrydag se nuus het die aandeelprys vroegoggend met meer as 9% tot R76,50 laat val.

Sasol het in Maart planne bekend gemaak oor hoe hy beplan om dié storm te trotseer.

Een hiervan is ’n moontlike regte-uitgif waarmee hy tot $2 miljard wil insamel.

LEES OOK: Sasol: Ons gaan nie mense aflê nie

Sasol herhaal in Vrydag se handelsverklaring dat hy die mark op hoogte sal hou oor dié moontlike regte-uitgif.

Paul Victor, finansiële hoof van Sasol, het in Maart gesê dat die maatskappy dit net sal doen as hy van sy bates teen ’n goeie prys kan verkoop.

Hy het nie toe besonderhede gegee oor watter bates hy wil verkoop nie.

Meer oor:  Sasol  |  Energie  |  Olie  |  Lake Charles
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.