Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sasria se direkteure bedank

Al die nie-uitvoerende direkteure van Sasria, die regering se korttermynversekeraar vir skade weens oproer en terreur, het bedank.

Betogers in Kleinmond het die bakkie uitgebrand tydens onluste weens ongelukkigheid oor ‘n tenderproses. Foto: Netwerk24

Sasria, wat staan vir die Suid-Afrikaanse Spesiale Risikoversekeringsvereniging, het Vrydag sy jaarvergadering gehou, waarna die nie-uitvoerende direkteure bedank het.

Tito Mboweni, minister van finansies aan wie Sasria moet verslag doen, het die bedankings verwelkom en gesê die direksie sal binne die volgende twee weke herskik word ná konsultasie met die kabinet en belanghebbers.

Die nasionale tesourie het in ’n verklaring geen rede verskaf oor presies waarom die nie-uitvoerende direkteure bedank het nie. Navrae oor die redes vir hul bedanking is nie teen publikasietyd beantwoord nie.

“Die direksie het dié skip deur ’n moeilike omgewing gestuur waarin korttermynversekeraars met groeiende uitdagings en stygende koste stoei, soos die afbrand en plundery van sakeondernemings tydens protesoptrede,” is al kommentaar wat Mboweni gegee het.

In April het Sake Rapport berig die eise wat Sasria in die voorafgaande boekjaar uitbetaal het, het meer as verdubbel – van R800 miljoen tot R1,7 miljard.

Die aantal eise het in die afgelope vyf jaar met sowat 20% gegroei, maar die waarde van die eise het in die afgelope jaar meer as verdubbel, het Cedric Masondo, bestuurshoof van Sasria, in April gesê. Sogenaamde diensleweringsbetogings het dramaties toegeneem.

Sasria-versekering word gefinansier deur ’n klein premie wat by ander versekeraars se premies ingesluit word.

Volgens Sasria se webruimte het hy ses nie-uitvoerende direkteure. Hulle is Norman Baloyi (voorsitter), Kgodiso Mokonyane, Christiaan van Dyk, Tando Mbatsha, Tshwarelo Moutlane en Jayce Nair. Mbatsha en Moutlane se termyn as direkteure sou eers in Maart volgende jaar verstryk, luidens die jongste beskikbare jaarverslag op Sasria se webruimte.

Die uitvoerende direkteure is Masondo en Bajabulile Mthiyane, die finansiële direkteur.

Meer oor:  Sasria  |  Korttermynversekering  |  Diensleweringsprotes  |  Terreur  |  Oproer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.