Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAUK beraam nuwe plan vir geld
Die SAUK se gebou in Auclandpark.

Die sukkelende SAUK beplan om van sy geboue op ’n veiling te verkoop en sal die huidige huurders reeds op 1 Desember kennis gee dat hul kontrakte beëindig word, het die openbare uitsaaier Vrydag aangekondig.

Die voorgestelde eiendomme sluit in residensiële geboue wat tans aan van die SAUK se werknemers verhuur word. Die geboue, wat die SAUK nie as noodsaaklik tot sy funksionering beskou nie, gaan aanstaande jaar tydens ’n openbare veiling verkoop word.

Die SAUK het nie aangedui wanneer die huurders die persele sal moet verlaat nie.

“In ’n poging om die huurders by te staan, en gegewe dat die feestyd op hande is, dink die SAUK dis gepas om die kennistydperk tot ná die beëindiging van die aanvanklike huurkontrakte te verleng.”

Die openbare uitsaaier sal in ’n latere stadium aankondig wanneer die openbare veiling van die eiendomme gaan plaasvind.

“Die verkoop van die bates sal help om die SAUK ’n broodnodige toevoeging van kontant te gee sodat die onderneming finansieel volhoubaar kan bly,” sê Yolande van Biljon, finansiële hoof.

Die SAUK gaan reeds jare lank gebuk onder wanbestuur. Boonop begin inkomstestrome soos TV-lisensies en advertensies opdroog.

Volgens die SAUK betaal net sowat 25% van Suid-Afrikaners wat oor ’n TV-lisensie beskik die jaarlikse lisensiegelde daarvoor.

Hy verwag om ’n totale verlies van meer as R1 miljard aan te teken in sy huidige boekjaar tot einde Maart aanstaande jaar.

Die SAUK se verlies in die vorige boekjaar was meer as R500 miljoen.

Hy het ook begin met ’n omstrede afleggingsproses waardeur tot 400 werknemers geraak word. Dié proses is vir eers gestaak nadat werknemers luidkeels gekla het hulle is nie by die proses betrek of gekonsulteer nie.

Die SAUK het vroeër aangedui gesprekke hieroor gaan voort en dat die proses tot minstens einde Desember opgeskort is. Die SAUK hoop om jaarliks tot R700 miljoen in salarisse te spaar ná afloop daarvan.

Hy het nie Vrydag aangedui hoeveel geboue hy wil opveil of wat die geskatte waarde daarvan is nie.

Meer oor:  Sauk  |  Openbare Uitsaaier  |  Staatsondernemings  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.