Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
SAUK wed sy wins gaan in 3 jaar reusagtig styg

Die SAUK reken sy inkomste gaan oor die volgende drie jaar in so ’n mate styg dat hy ’n verlies van honderdmiljoene rand sal omskakel in ’n wins van R350 miljoen.

SAUK
Die SAUK ly steeds enorme verliese, maar verwag nou skielik dat hy oor drie jaar ’n enorme wins gaan maak. Foto: Getty Images

Hoe dit gaan materialiseer, is onduidelik.

Maar die SAUK reken onder meer dat hy beduidend meer geld gaan invorder van TV-lisensies.

Die SAUK was Woensdagaand voor die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie om sy jaarlikse prestasieverslag en plan vir die 2021-’22-boekjaar voor te lê.

Die uitsaaier verwag ’n verlies van R603 miljoen vir die 2021-’22-boekjaar.

Dit volg op ’n verlies van R844 miljoen vir die afgelope boekjaar.

Maar die SAUK reken steeds dat hy teen 2023 sy koste van R7,3 miljard met sy inkomste kan dek en teen 2024 ’n wins van R350 miljoen sal behaal.

Dit sal ’n 134%-styging in wins wees teenoor 2023 se verwagting.

Om dit te behaal sal die uitsaaier sy inkomste in 2022 met 28% moet laat styg, in 2023 met 17% en in 2024 met 13%.

 Yolande van Biljon
Yolande van Biljon, finansiële hoof van die SAUK.

’n Sleutelstrategie van hierdie plan is om geen verhogings toe te pas vir die volgende drie jaar nie, sê Yolande van Biljon, finansiële hoof van die SAUK.

“Ons moet nog met vakbonde skakel daaroor, maar indien ons nie meer ’n verlies ly nie sal ons in daai stadium oorweeg om weer verhogings toe te pas.”

Maar die maatskappy verwag dit sal eers teen 2023 op die vroegste gebeur.

Die SAUK gaan egter nie oorweeg om enige radiostasies, soos gerugte dit het, te sluit nie.

Selfs radiostasies wat na verwagting oor drie jaar steeds verliese sal ly, soos Radio 2000, SAFM en Lotus FM, sal nie gesluit word nie.

Phumzile van Damme, DA-woordvoerder oor kommunikasie. Foto: Daily Sun

Phumzile van Damme, DA-LP, sê die SAUK se plan vir die komende boekjaar laat talle rooi ligte flikker.

Selfs die SAUK gee toe dat hy nie seker is hoe hy gaan aanhou om sy mandaat uit te voer ten opsigte van inhoud wat hy volgens die regering móét verskaf nie.

“Dit is teen ’n verlies,” sê Van Biljon.

Die SAUK maak nie elders genoeg geld om dit te subsidieer nie.

Volgens Van Damme is die SAUK se verwagting van inkomste uit TV-lisensies “belaglik en onhaalbaar”.

Hy verwag hy gaan 75% van alle TV-kykers in die land kan kry om lisensiegelde te betaal.

Meer oor:  Sauk  |  Phumzile Van Damme  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.